Return to search

Die invloed van die spraakbenadering van onderwys vir dowe kinders op die maatskaplike funksionering van die dowe

From Introduction: Gehoor speel 'n belangrike rol in die leerproses, in aanpassing by die omgewing asook in aanpassing by sosiale omstandighede. Gehoorverlies plaas die individu in 'n situasie van vereensaming, veroorsaak deur 'n beperktheid in kommunikasievermoë. (Roux, 1979:1) Dr Roux, Direkteur van Gesondheidsdienste van die Departement van Gesondheid, Welsyn en Pensioene, het tydens die Goue Jubileum-Kongres van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Dowes daarop gewys dat gehoorverlies vandag meer Amerikaners affekteer as hartsiektes, kanker, blindheid, tuberkulose, veneriese siektes, sklerose en niersiektes tesame. (Roux, 1979:1) In Suid-Afrika word beraam dat 0,06% van aIle babas totaal doof gebore word en dat die aantal persone met ernstige gehoorprobleme, volgens die skatting van die Departement van Gesondheid, Welsyn en Pensioene, 65 000 beloop. Hierdie getal sluit Swartes uit. (Roux, 1979:1) ... Die probleem van doofheid is kompleks en soms so ingewikkeld dat dit te betwyfel is of die horende individu die omvang daarvan begryp en insig in die situasie van die dowe kan ontwikkel. Empatie met die dowe en begrip vir sy leefwêreld is vir die horende persoon problematies. 'n Wêreld sonder klank is moeilik om te visualiseer en 'n wêreld sonder taal lê buite die begripsvermoë van die horende. Daar bestaan op velerlei gebiede verwarring ten opsigte van die dowe. Die horende persoon besef gewoonlik dat daar 'n eiesoortige wêreld van ervaring en denke vir die dowe is anders as die van die horende, maar begrip vir die omvang van die andersheid van die dowe ontbreek.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:3284
Date January 1982
CreatorsHeyns, Mimi
PublisherRhodes University, Faculty of Humanities, Social Work
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MSocSc
Format201 pages, pdf
RightsHeyns, Mimi

Page generated in 0.0131 seconds