Return to search

The right to a view : common law, legislation and the constitution

Thesis (LLD)--Stellenbosch University, 2012. / Includes bibliography / ENGLISH ABSTRACT: South African law does not recognise an inherent right to the existing, unobstructed view from a property. Nevertheless, seemingly in disregard of this general principle, property owners often attempt to protect such views and courts sometimes in fact grant orders that provide such protection. This dissertation aims to establish whether South African law does indeed not acknowledge a right to a view and whether there are any exceptions to the general rule against the recognition of the right to a view. The principle that the existing view from a property is not an inherent property right is rooted in Roman and Roman-Dutch law. This principle was received in early South African case law. Inconsistency in the application of the principle in recent case law renders its development uncertain. An analysis of recent decisions shows that the view from a property is sometimes protected in terms of servitudes or similar devices, or by virtue of legislation. In other instances, property owners attempt to prevent the erection of a neighbouring building that will interfere with their existing views, based either on a substantive right or an administrative shortcoming. When the protection of view is based on a limited real right (servitudes or similar devices) or legislation, it is generally effective and permanent. Conversely, when it is founded on a substantive right to prevent building on neighbouring land or an administrative irregularity rendering a neighbouring building objectionable, the protection is indirect and temporary.
A comparative study confirms that the position regarding the protection of view is similar in English and Dutch law. Constitutional analysis in terms of the methodology developed by the Constitutional Court in FNB indicates that cases where view is protected are not in conflict with section 25(1) of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996. The investigation concludes with an evaluation of policy considerations which show that the position with regard to a right to a view in South African law is rooted in legitimate policy rationales. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Inherente reg op die bestaande, onbelemmerde uitsig vanaf 'n eiendom word nie deur die Suid-Afrikaanse reg erken nie. Desnieteenstaande poog eienaars dikwels om die uitsig vanaf hul eiendomme te beskerm en soms staan die howe bevele tot dien effekte toe. Dit skep die indruk dat die Suid-Afrikaanse reg wel die bestaande uitsig vanaf 'n eiendom as 'n inherente eiendomsreg erken of dat sodanige uitsig minstens onder sekere omstandighede beskerm kan word. Hierdie verhandeling het ten doel om onsekerhede betreffende die algemene beginsel oor 'n reg op uitsig uit die weg te ruim en om lig te werp op gevalle waar 'n onbelemmerde uitsig wel beskerm word. Die Romeinse en Romeins-Hollandse reg het nie 'n reg op uitsig erken nie. Hierdie posisie is deur vroeë regspraak in die Suid-Afrikaanse regstelsel opgeneem. 'n Ondersoek na latere Suid-Afrikaanse regspraak toon egter aan dat howe wel onder sekere omstandighede, skynbaar strydig met die gemeenregtelike beginsel, beskerming aan die onbelemmerde uitsig vanaf eiendomme verleen. 'n Eerste kategorie sake behels gevalle waar die uitsig vanaf 'n eiendom deur 'n beperkte saaklike reg, in die vorm van 'n serwituut of 'n soortgelyke maatreël, of ingevolge wetgewing beskerm word. In 'n tweede kategorie sake word die beskerming van 'n uitsig deur middel van 'n aanval op die goedkeuring van 'n buureienaar se bouplanne bewerkstellig. Sodanige aanval kan óf op 'n substantiewe reg óf op 'n administratiewe tekortkoming berus. Die onderskeie kategorieë verskil wat betref die doelmatigheid en omvang van die beskerming wat verleen word. 'n Saaklike reg of wetgewing verleen meestal effektiewe en permanente beskerming. Hierteenoor het 'n aanval op die goedkeuring van 'n buureienaar se bouplanne hoogstens indirekte en tydelike beskerming van die uitsig tot gevolg. Regsvergelyking bevestig dat die Engelse en Nederlandse reg die Suid-Afrikaanse posisie ten opsigte van'n reg op uitsig tot 'n groot mate eggo. Grondwetlike analise aan die hand van die FNB-metodologie dui daarop dat die gevalle waar uitsig wel beskerming geniet nie strydig is met artikel 25(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 nie. Bowendien regverdig beleidsgronde die behoud van die huidige beginsel in die Suid-Afrikaanse reg.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/71650
Date12 1900
CreatorsKoch, Carolina Augusta
ContributorsVan der Walt, A. J., Stellenbosch University. Faculty of Law. Dept. of Public Law.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatx, 290 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0021 seconds