Text in Afrikaans / Die doel met hierdie navorsing is om vanuit 'n geestesgesondheidsperspektief ondersoek in te stel na die rolkonflik van die werkende moeder. Die literatuurdoelstellings behels dat rolgedrag verduidelik word. Veranderlikes binne die organisasie- en werksfeer asook farniliesfeer wat tot rolkonflik by die werkende moeder aanleiding gee is beskryf. Die groeisielkunde is vanuit die analitiese, humanistiese en eksistensiele paradigmas aangebied, ten einde 'n geestesgesonde persoonlikheidsprofiel te ontwikkel. Wat die operasionele doelstellings betref, is die veranderlikes wat tot rolkonflik aanleiding gee en die persoonlikheidsfunksionering van tien werkende moeders met hulle eerste kind, deur middel van 'n ongestruktureerde onderhoud, ondersoek. Die verband tussen rolkonflik en 'n geestesgesonde persoonlikheid is vasgestel, om te bepaal hoe geestesgesondheid die hantering van
rolkonflik beinvloed. Die resultate dui daarop dat die werkende moeder, met die ervaring van haar rol as moeder, groei in haar persoonlikheidsfunksionering getoon het. Uit die resultate blyk dit dat dit 'n positiewe gesindheid teenoor loopbaan, min werksekuriteit vir die moeder wat in haar eie praktyk werksaam is, onbuigsame werksomstandighede, ondersteuning deur betekenisvolle ander, rolbeperking en hoƫ deurdringbaarheid tussen die moeder se moeder- en werkrol, temas is wat die rolkonflik wat die werkende moeder ervaar, en gevolglik haar geestesgesondheid, bei:nvloed. Die resultate dui daarop dat die werkende moeder konflik tussen haar moeder- en werkrol, rol as eggenote en eie tyd ervaar. Unieke veranderlikes wat tot rolkonflik lei in die Suid-Afrikaanse konteks, wat in die navorsing geidentifiseer is, is rolbeperking en gebrek aan werksekuriteit vir die moeder wat haar eie praktyk bedryf. Die geestesgesonde persoonlikheidsfunksionering van die werkende moeder is met die ontwikkelde persoonlikheidsprofiel vergelyk. Dit blyk dat akkurate en realistiese waarnemings van ervarings,
vryheid om emosies te beleef, geloof, toekomsgerigtheid en innige interpersoonlike verhoudings
die werkende moeder se geestesgesondheid positief kan beinvloed, en tot makliker hantering van
rolkonflik lei. Hierteenoor blyk dit dat gebrek aan seltkennis, gebrek aan vryheid van keuse, min
emosionele beheer asook onaanvaarbaarheid en onverdraagsaamheid teenoor ander, eienskappe is waar
sy heelwat in haar persoonlikheidsfunksionering kan groei. Aanbevelings vir die hantering van rolkonflik deur die werkende moeder is vir die bedryfsielkundige praktyk en die werkende moeder self geformuleer, asook aanbevelings vir verdere navorsingsgeleenthede. / The aim of this research was to study the role conflict experienced by the working mother from the mental health perspective. The literature study includes a description of role behaviour as well as variables within the organisational, work and family spheres that influence role conflict. Growth psychology is presented from analytical, humanistic and existential perspectives, culminating in a profile of the mentally healthy personality. The operational aims involved an investigation of variables that influence role conflict and the personality functioning of ten working mothers who are bringing up their first child. This was conducted through unstructured interviews. This involved determining the relationship between role conflict and a mentally healthy personality, to determine how mental health facilitates coping with role conflict. The results indicate that the working mother showed growth in her personality functioning as a result of the experience of her role as mother. However, the results also indicate that a positive orientation to career, minimal job security for the mother working in her own business, inflexible working conditions, support from significant others, role restriction and high penetrability between the roles of mother and worker, are themes that influence the conflict that the working mother experiences which, in turn, influences her mental health. The working mother experiences conflict between her roles as mother, worker, spouse and individuaL Unique variables that influence role conflict in the South African context were identified, namely, role restriction and minimal job security for the mother who operates her own business. The mental personality functioning of the working mother was compared with the developed personality profile. It seems that accurate and realistic observation of experiences, freedom to express feelings, religion, future orientation and close interpersonal relationships, influence the working mother's mental health positively and lead to better coping with role conflict. In contrast she could grow in terms of the following characteristics: lack of self-knowledge, little freedom of choice, little control over emotions as well as unacceptance and intolerance of others. Recommendations were made to the industrial psychology practice and the working mother herself,
on how to handle role conflict, and also regarding future research possibilities. / Industrial and Organisational Psychology / D. Comm. (Bedryfsielkunde)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17834 |
Date | 11 1900 |
Creators | Vosloo, Salome Erna |
Contributors | Cilliers, Frans |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 1 online resource (xviii, 378 leaves) |
Page generated in 0.0032 seconds