Return to search

Benutting van groepsterapie vir vroee adolessente dogters met portuurgroep-verhoudingsprobleme

Text in Afrikaans / Papalia, Olds en Feldman (2008:419) noem dat die woord "adolessensie" van die Latynse woord "adolescere" afkomstig is. Dit beteken "om te groei in volwassenheid". In hierdie geval word adolessensie gesien as ʼn proses eerder as ʼn spesifieke tydperk in ʼn individu se lewe.
Hierdie studie fokus op die adolessent, in die besonder die vroeë adolessente dogter en haar psigo-sosiale ontwikkeling. Spesifieke navorsing word gedoen oor die verhoudingsprobleme wat by die vroeë adolessente dogter gedurende die psigo-sosiale stadium van vroeë adolessensie voorkom, en die moontlikheid van groepsterapie as terapeutiese intervensie.
Die benutting van groepsterapie, in die konteks van vroeë adolessente dogters met portuurgroep-verhoudingsprobleme, het die navorser geïnteresseer, weens haar ondervinding met kinders en spesifiek vroeë adolessente dogters met verhoudingsprobleme. Dogters is meer betrokke by hul verhoudings, hulle is meer uitgesproke in terme van hul emosies en benodig emosionele ondersteuning van hul portuurgroep, meer dikwels as wat seuns doen (Papalia et al. 2008:398). Sue, Sue en Sue (2006:579) skryf die toename in groepsterapie toe aan die feit dat baie sielkundige probleme interpersoonlik en intrapersoonlik van aard is. Verhoudingsprobleme binne groepe word dikwels die beste hanteer binne ʼn groep. / Papalia et al. (2008:419) state that the word "adolescence" comes from the Latin word "adolescere". It means "to grow in maturity". In this case, adolescence is seen as a process rather than as a specific time period in an individual's life.
This study focuses on the adolescent, and in particular the early adolescent girl and her psychosocial development. Specific research is done on the relationship problems that occur during the development of the psychosocial stage of early adolescent girls and possible therapeutic interventions with the problem.
The utilisation of group therapy, in the context of early adolescent girls and peer-relationship problems, interests the researcher, because of her experience with children and specifically early adolescent girls who are prone to peer-relationship problems. Girls are more concerned with their relationships; they are more outspoken in terms of their emotions and seek emotional support from their peers more often than boys do (Papalia et al.2008:398). Sue et al.(2006:579) attributes the increase in group therapy to the fact that many psychological problems are interpersonal and intrapersonal in nature. Relationship problems in groups are often best handled within the group. / Psychology of Education / M. Ed. (Voorligting)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/14039
Date02 1900
CreatorsUys, Helga Louise
ContributorsVenter, Elizabeth
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeDissertation
Format1 online resource (125 leaves)

Page generated in 0.0029 seconds