Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The study investigates the social and religious roles of women in Ancient Israel.
The thesis comprises of four parts.
Chapter 1 focuses on the role of women in an anthropological perspective. We
take a look at how women were perceived within the pre-industrial communities.
Israel did not live in a vacuum but was part and parcel of the ancient Near Eastern
cultural world. Chapter 2 therefore focuses on the role of women in Egyptian and
Assyrio-Babylonian cultures. Her social, economic, political and religious roles are
under investigation.
In Chapter 3 the focus shifts to the role of women within the social organisation. A
short overview with a few examples demonstrates where the role of women
expands beyond that of social organisation. This role, which could be described as
a "political function", was only allocated to a few privileged women.
Chapter 4 deals with the religious role of the Israelite women. This chapter forms
the other focus point of the study. The religious activities of women within the
official, popular and familiy religious spheres are examined.
Chapter 5 presents a brief summary of the main conclusions of the study. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word ondersoek ingestel na die sosiale en religieuse rol van die vrou in
Oud-Israel. Die tesis bestaan uit vier dele:
In Hoofstuk I word aandag gegee aan die rol van die vrou in antropologiese perspektief.
Hier word nagegaan hoe die vrou gesien is in pre-industriële gemeenskappe.
Omdat Israel nie in 'n vakuum geleef het nie, maar 'n integrale deel van die ou Nabye
Oosterse kultuurwêreld was, word daar in Hoofstuk 2 op 'n oorsigtelike wyse op die plek
van die vrou in die kulture van Egipte en Assirië- Babilonië gekonsentreer.
In Hoofstuk 3 verskuif die fokus na Israel en word nagegaan watter rol die vrou in die
sosiale organisasie gehad het. Daar word ook kortliks gekyk na voorbeelde waar die rol
van die vrou wyer gestrek het as die engere familie kring. Hierdie rol, wat getipeer sou
kon word as 'n tipe "politieke funksie", was egter net vir 'n paar vroue beskore.
Hoofstuk 4 handel oor die religieuse rol van die vrou in Israel. Hierdie hoofstuk vorm die
ander fokuspunt van die studie. Daar word gekyk na die aandeel van die vrou in die
offisiële religie, die populêre religie en die familie-religie.
In Hoofstuk 5 word die belangrikste bevindinge van die ondersoek kortliks saamgevat.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53387 |
Date | 03 1900 |
Creators | Jacobs-Smith, Michelle Wilma |
Contributors | Kruger, P. A., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Ancient Studies. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 76 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0022 seconds