Return to search

Faktore wat die motiveringsvlakke van die grondslagfase-onderwysers in die Waterbergdistrik van die Limpopo Provinsie beinvloed

Text in Afrikaans / Gemotiveerde onderwysers speel 'n belangrike rol in suksesvolle onderrig en leer. Die doelwit van hierdie studie was om faktore te identifiseer wat 'n invloed uitoefen op onderwysermotivering. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp van individiduele onderhoud-voering met agt doelgerig geselekteerde deelnemers is gebruik ten einde antwoorde te kry op faktore wat „n invloed uitoefen op die motivering van grondslagfase-onderwysers. Die doelwitte van hierdie studie was ook om riglyne aan onderwysers te verskaf oor hoe om hulself te motiveer en aan skoolhoofde oor hoe om hul onderwysers te motiveer.
Daar is bevind dat faktore wat 'n invloed uitoefen op die motivering van onderwysers verband hou met die spesifieke skoolomgewing, die finansiële vergoeding van onderwysers, die werksverhoudings met ander onderwysers, die invloed van ouers, die verhoudings met die skoolhoof en die gedrag van leerders. As belangrikste motiveringsfaktor geld die onderwyser se eie lewensingesteldheid wat of op 'n positiewe of negatiewe lewensuitkyk gesentreer kan wees. / Motivated teachers play an important role in successful teaching and learning.
The aim of this study was to identify factors that have an influence on teacher motivation. A qualitative research design was used. Individual interviews with eight purposefully selected participants were held to get answers to the factors that have an influence on the motivation of foundation phase teachers.
The aim of this study was also to give guidelines to teachers on how to motivate themselves and to school principles on how to motivate teachers.
The results indicate that factors influencing the motivation of teachers have to do with the specific school environment, the financial reward of teachers, the work relationship with other teachers, the influence of parents, therelationship with the school principal and the behaviour of learners. The most important motivation factor is the teacher‟s own attitude towards lifewhichcanrepresenta positive or negative life view. / Educational Leadership and Management / M. Ed. (Onderwysbestuur)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/14262
Date11 1900
CreatorsViljoen, Christelle
ContributorsVan der Merwe, H. M. (Hester Maria)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeDissertation
Format1 online resource (xi, 106 leaves), application/pdf

Page generated in 0.0027 seconds