Return to search

'n Tak van die Swanepoel-familie in Suid-Afrika, 1699 tot 1999 : 'n genealogiese en kultuurhistoriese studie

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This study deals with the history of a branch of the Swanepoel family in South
Africa over the past 300 years and was conducted by means of genealogical and
cultural historical research methods.
Pieter Jansz Swanepoel, progenitor of the Swanepoel family in South Africa, came
from Nieuwmunster in the present day municipality (gemeente) of Zuienkerke in
the city of Brugge in West Flanders. He came to South Africa in 1699 as a soldier
of the Dutch East India Company. He became a free burgher in 1700. Between
1709 and 1747 he made a living as a farmer on the farm Nieuwmunster close to
where the town of Wolseley is now. In 1712 Pieter Jansz Swanepoel married
Maria Sibella Sachs, the widow of Jan Christoffel Haak, and seven sons and one
daughter were born out of this union.
Hereafter six successive generations of Swanepoels made a living as stock-farmers,
of which the last five resided in the districts of Graaff-Reinet, Beaufort-West and
Prince Albert. As a result of droughts, a world wide economic depression and the
after effects of the Second World War this tradition came to an end. Consequently
the members of this family today find themselves all over South Africa. Therefore
family ties are not as strong as they used to be and the tradition of naming became
less important.
Traditionally genealogical research concentrates on the male line. This study,
however, attempts to research the descent of the progenitress in each generation as
well and the findings are reflected in an ancestral chart. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is die familiegeskiedenis van 'n tak van die Swanepoel-familie oor
die afgelope 300 jaar wat deur middel van genealogiese en kultuurhistoriese
navorsingsmetodes opgestel is.
Die stamvader, Pieter Jansz Swanepoel, was afkomstig van Nieuwmunster in die
teenswoordige munisipaliteit (gemeente) Zuienkerke in die stad Brugge in WesVlaandere
en het in 1699 as soldaat in diens van die VOC na die Kaap gekom.
Reeds in die jaar 1700 word hy 'n vryburger en vanaf 1709 tot 1747 boer hy op die
plaas Nieuwmunster digby die huidige Wolseley. In 1712 tree hy in die huwelik
met Maria Sibella Sachs, die weduwee van Jan Christoffel Haak. Uit die huwelik
word sewe seuns en een dogter gebore.
Hierna volg ses opeenvolgende geslagte veeboere waarvan die laaste vyf hulle in
die distrikte Graaff-Reinet, Beaufort-Wes en Prins Albert bevind. Droogtes, 'n
wereldwye ekonomiese depressie en die nagevolge van die Tweede Wereldoorlog
maak 'n einde aan hierdie tradisie en lei daartoe dat die lede van hierdie betrokke
tak van die Swanepoel-familie oor die lengte en die breedte van Suid-Afrika
versprei. Dit het onder andere tot gevolg dat familiebande baie losser word en dat
naamgewinggebruike nie meer so slaafs nagevolg word nie.
Tradisioneel is genealogiese navorsing toegespits op die manlike lyn. In hierdie
studie is daar gepoog om ook die herkoms van die stammoeders in elke geslag so
ver as moontlik na te vors en in 'n kwartierstaat te reflekteer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53526
Date04 1900
CreatorsSwanepoel, Christiaan Hendrik
ContributorsBurden, M., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of History.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format426 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds