AFRIKAANS: Voor 1994 was die skoolhoof aanspreeklik vir die beheer van die finansies van die skool. Met die instelling van die Suid-Afrikaanse Skolewet no. 84 van 1996 het die aanspreeklikheid vir skoolfinansies drasties verander deur die instelling van selfbestuur by skole. Daar bestaan tans groot onduidelikhede by departementele amptenare sowel as by skoolhoofde en skoolbeheerliggaamlede oor wie aanspreeklik vir die finansies van die skool is. Sommige skole se begrotings het sedert 1994 van `n paar honderd duisend rand tot `n paar miljoen rand toegeneem; meer personeel word aangestel wat deur die skoolbeheerliggaam vergoed word en dit alles plaas bykomende bestuurverantwoordelikhede op die skoolhoof. Dikwels is die skoolhoofde en skoolbeheerliggaamlede nie opgelei om hierdie bykomende finansiële lading te hanteer nie. Daar word van die skoolbestuurspan verwag om kennis van finansiële bestuur te hê om hulle taak effektief uit te voer, nie alleenlik vir hulle eie oorlewing nie maar ook tot die voordeel van die skool en die gemeenskap. Die doel van hierdie studie is om die vertrekpunte waarbinne skoolfinansies bestuur en beheer word, te bepaal, asook om aan die hand van kontrole- en beheermaatreëls te bepaal of begrotings aangewend word om onderrig en leer in openbare skole te bevorder. ENGLISH: Before 1994 the principal of a school was accountable for the control of the school`s finances. Since the introduction of the South African Schools Act no. 84 of 1996 and the implementation of self-management of schools, accountability for schoolfinances has changed dramatically. Some schools’ budgets have increased from a few hundred thousands of rand to millions of rand since 1994; more teachers are being appointed and paid by the school governing body; these developments increase the principal’s managerial responsibilities. Principals and school governing body members are often not qualified to shoulder this extra financial burden. It is expected of school managers to have knowledge of financial management to enable them to execute tasks effectively, not only for their own survival but also in the best interest of the school and the community. The purpose of this study is to identify the principles for the control and management of schools’ finances and also to establish whether budgets are managed in such a way that instruction and learning in public schools are propagated. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2011. / Education Management and Policy Studies / unrestricted
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/24097 |
Date | 23 April 2012 |
Creators | Jordaan, Johannes Cornelius |
Contributors | Conradie, J.J., jjordaan@kempies.co.za |
Publisher | University of Pretoria |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Rights | © 2011 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. |
Page generated in 0.0057 seconds