Return to search

'n Praktykbenadering tot geloofsvorming vanuit die benadering van Thomas Groome en Gestaltteorie : 'n prakties-teologiese dialoog / Siegfried Werner Louw

Die onderwerp van hierdie studie handel oor geloofsvorming. Die transversale model vir transdissiplinêre (cross-disciplinary) dialoog, ontwikkel deur Wentzel van Huyssteen, word in hierdie studie benut om ʼn praktykbenadering tot geloofsvorming te ontwikkel. Dialoog tussen die benadering van Thomas Groome en Gestaltteorie word ontgin om die insigte wat daaruit na vore kom, binne ʼn praktykbenadering te ontwikkel. Osmer se prakties-teologiese model is gebruik om die dialoog binne ʼn raamwerk van vier fases uit te voer: die deskriptiewe, interpretatiewe, normatiewe en pragmatiese take.
Die deskriptiewe taak behels ʼn beskrywing van Groome se benadering tot geloofsvorming. Sy Gedeelde Christelike Praksis benadering, wat deur vyf bewegings gaan, word uiteengesit ook bespreek.
Gestaltteoretiese perspektiewe word gebruik om die interpretatiewe taak te hanteer. Die filosofiese wortels van Gestaltteorie word verken, asook spesifieke Gestaltteoretiese konsepte, sodat die wyse waarop verandering en groei by die mens plaasvind, verklaar kan word. Die wyse waarop geloofsvorming by die mens plaasvind, met spesifieke fokus op integrasie en assimilasie, word uiteengesit. Gestaltteorie se paradoksale teorie van verandering en die kontaksiklus word benut om te verklaar op watter wyse integrasie en assimilasie tydens geloofvorming by die mens plaasvind.
Die transversale dialoog word tydens die normatiewe taak voortgesit deur die insigte vanuit die deskriptiewe en interpretatiewe take met mekaar in verband te bring. Die konteks van missionale ekklesiologie, waarbinne die navorser homself bevind, word ook in die dialoog verreken. Deur die proses word ses bepaalde riglyne geïdentifiseer vir die praktyk van geloofsvorming.
Tydens die pragmatiese taak word die bevindinge vanuit die voorafgaande fases verwerk om ʼn praktykbenadering tot geloofsvorming saam te stel. Die betrokke praktykbenadering word sodanig aangebied dat dit binne ʼn verskeidenheid van kontekste van waarde kan wees. / PhD (Pastoral Studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/15373
Date January 2014
CreatorsLouw, Siegfried Werner
Source SetsNorth-West University
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0019 seconds