• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 4
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 8
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Praktykbenadering tot geloofsvorming vanuit die benadering van Thomas Groome en Gestaltteorie : 'n prakties-teologiese dialoog / Siegfried Werner Louw

Louw, Siegfried Werner January 2014 (has links)
Die onderwerp van hierdie studie handel oor geloofsvorming. Die transversale model vir transdissiplinêre (cross-disciplinary) dialoog, ontwikkel deur Wentzel van Huyssteen, word in hierdie studie benut om ʼn praktykbenadering tot geloofsvorming te ontwikkel. Dialoog tussen die benadering van Thomas Groome en Gestaltteorie word ontgin om die insigte wat daaruit na vore kom, binne ʼn praktykbenadering te ontwikkel. Osmer se prakties-teologiese model is gebruik om die dialoog binne ʼn raamwerk van vier fases uit te voer: die deskriptiewe, interpretatiewe, normatiewe en pragmatiese take. Die deskriptiewe taak behels ʼn beskrywing van Groome se benadering tot geloofsvorming. Sy Gedeelde Christelike Praksis benadering, wat deur vyf bewegings gaan, word uiteengesit ook bespreek. Gestaltteoretiese perspektiewe word gebruik om die interpretatiewe taak te hanteer. Die filosofiese wortels van Gestaltteorie word verken, asook spesifieke Gestaltteoretiese konsepte, sodat die wyse waarop verandering en groei by die mens plaasvind, verklaar kan word. Die wyse waarop geloofsvorming by die mens plaasvind, met spesifieke fokus op integrasie en assimilasie, word uiteengesit. Gestaltteorie se paradoksale teorie van verandering en die kontaksiklus word benut om te verklaar op watter wyse integrasie en assimilasie tydens geloofvorming by die mens plaasvind. Die transversale dialoog word tydens die normatiewe taak voortgesit deur die insigte vanuit die deskriptiewe en interpretatiewe take met mekaar in verband te bring. Die konteks van missionale ekklesiologie, waarbinne die navorser homself bevind, word ook in die dialoog verreken. Deur die proses word ses bepaalde riglyne geïdentifiseer vir die praktyk van geloofsvorming. Tydens die pragmatiese taak word die bevindinge vanuit die voorafgaande fases verwerk om ʼn praktykbenadering tot geloofsvorming saam te stel. Die betrokke praktykbenadering word sodanig aangebied dat dit binne ʼn verskeidenheid van kontekste van waarde kan wees. / PhD (Pastoral Studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Gesinsbediening as bedieningsvennootskap tussen gemeentes en gesinne

Van Staden, J.M. (Jacobus Marthinus) January 2013 (has links)
The aim of this study is to reflect on biblical-theological perspectives on the relationship between the church and families. The study is undertaken against the backdrop of the challenges facing mainline churches, of which the decline in numbers, the lack of the support for programmes and initiatives on behalf of families, and the apparent inability to minister effectively to young people, are the most pressing. At the same time modernisation and globalisation have a negative impact on the well-being of families. This study aims to contribute to interplay between the church ministry and the ministry of families. Two research questions guide this study. The first is whether Reformed churches, and for the purposes of this investigation the Dutch Reformed Church and the Netherdutch Reformed Church of Africa, do enough to support and strengthen families in a postmodern context. The second question examines the underlying theories and family ministry programmes of existing family ministry initiatives. Four sub-movements within practical theology form the methodological framework of this study. The first movement describes the crisis within the church and families today (descriptive theology). The second movement explores some normative texts of the Christian tradition (historical theology) with regard to families. At different stages of the Old and New Testament, different theological perspectives and strategies can be identified. In the post-biblical period the biological family was central to the process of the institutionalisation of the church and the spiritual aspect of family was underplayed. The challenge of the church in a postmodern world is to engage in responsible biblical theological reflection on marriage and family, and specifically the relationship between the church and families from the perspective of the kingdom of God. The third movement within practical theology brings the findings of the previous two movements into dialogue with each other (systematic theology). In the love ethic of equal regard following this dialogue, marriage is seen as a non-hierarchical, post-patriarchal, life-long bond between two people. The family is iii described as the primary context for faith formation. Although several studies suggest that family form, and not only family function, plays an important role in the well-being of children and family members, the primary concern of the church should be to develop a spirituality of marriage and family. The fourth movement (strategic theology) within practical theology is made up of two separate, but related inquiries. Firstly, different models and methods for family ministry are investigated by means of a literature study. Secondly, a qualitative study done in five selected congregations is described in order to point out the underlying theories and resulting family ministry programmes. The findings suggest that only one of the five selected congregations has an integrated, coherent family ministry model. Although several different family ministry programmes were found in practice, a critical family ethic was lacking. This is the focus of the contribution of this study. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Practical Theology / unrestricted
4

Geloofsvorming in tradisioneel Afrikaans-christelike skole : 'n prakties-teologiese evaluering van die rol van onderwysers, Jeugwerkers en liturgiese elemente teenwoordig in die skoolkonteks

Van der Merwe, Gert Jacobus Petrus Johannes January 2013 (has links)
In hierdie studie word aandag gegee aan die invloed wat onderwysers, jeugwerkers en Liturgiese elemente teenwoordig in die skoolkonteks, op die geloofsvorming van kinders in Tradisioneel Afrikaans-Christelike skole uitoefen. Die kerk staan voor krisis wat vir jare reeds aan die kom is. Die kerk is nie meer die middelpunt van die samelewing nie en mense sien nie meer die kerk as noodsaaklike sosiale en geestelike bemiddelaar nie. Dit het tot gevolg dat al hoe minder mense kerk toe gaan met potensieël katastrofiese gevolge. Die kerk kan egter nie op sy louere rus nie, want ons het opdrag om die goeie nuus aan almal te verkondig om sodoende die Koninkryk van God te laat kom in mense se lewens en in die samelewing. Geloofsvorming vind tradisioneel plaas binne die veilige ruimte van die ouerhuis. Die realiteit is dat vele kinders nie meer geloofswaarhede by hul ouers leer nie en ook nie aan voorbeeldige Christelike lewenswyse blootgestel word nie. Om die leemte aan te spreek, behoort die kerk in vennootskap met die skool te staan om kinders bloot te stel aan konteks wat geloofvorming bevorder en fasiliteer. Die skoolkonteks bied geleentheid vir die kerk om kinders in hul vormingsjare te bereik, wat die beste tyd is om lewensveranderende lewenswater aan hulle te bring. Kinders het eksistensiële behoefte daaraan om blootstelling aan geloofsvormende stimuli te ontvang. Skoolkonteks, waarin voorbeeldige volwassenes en doeltreffende liturgiese elemente teenwoordig is, blyk van groot waarde te wees om die behoefte van kinders aan te spreek en die geleentheid vir kerk en samelewing te bied om noemenswaardige positiewe impak op die individu en die samelewing as geheel te voltrek. / Dissertation (MTh)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Practical Theology / unrestricted
5

Simbool en ritueel as instrumente vir geloofsvorming

Hanekom, Abraham Rochelle 12 1900 (has links)
Thesis (DTh)--University of Stellenbosch, 1995. / ENGLISH ABSTRACT: A number of theories aimed at more effective ways of religious education have seen the light in recent years. They are all characterized by a holistic approach which emphasises the fact that we should try to utilise more than just the cognitive and verbal potential of man. This study does not merely accept this view but would also like to go further and look for practical means to implement these ideas. The central hypothesis of the study is that symbols and rituals are eminently suitable instruments if one opts for a holistic approach towards religious education. Various shifts which have recently occurred in modern society are highlighted in the study. These include a new outlook on life, new behavioural patterns, new ways of communication and new theories on communication. The complexity of our society is described because it has a major influence on the functioning of symbols and rituals. Secondly, symbols and rituals are defined and their functioning is described. Issues like the interplay between symbol and ritual and society, the way in which order and identity are given to society by symbols and rituals, the way in which symbols and rituals communicate without the use of a multitude of words, the pastoral function that symbols and rituals can fulfil and the gradual disappearance of symbols and rituals from our society are discussed. Attention is also paid to the concepts "liminality" and "commullitas", as described by the anthropologist Victor Turner. These two concepts are central to the understanding of the way in which rituals function. Thirdly, symbols and rituals are viewed from a Biblical and theological angle. The study shows that man was created as a symbol, but also underlines the importance of seeing man's body and soul as a unity. This has special implications for the manner in which we ritualize. It is also pointed out that symbols and rituals have played a major role in worship since the earliest times. The important role which kerugmatic and cultic acts, as well as the sacraments have played and can still play in the life of a believer is also described. Fourthly, the study concludes that symbols and rituals can indeed play a vital role in the process of religious education and the deepening and expansion of faith. The argument is supported in a deductive manner by the insights of people like H. Westerhoff, P. Babin, C.R. Foster, S. McLean and others. It is stressed that symbols and rituals should be used in a nuanced manner. Finally a number of proposals are made as to how these principles could be implemented in practice, together with some suggestions for further study. We believe that this should stimulate both the utilisation of symbols and rituals and further discussion and research in this regard. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar het die afgelope aantal jare 'n hele aantal teoriee rakende die effektiewe oordrag van geloofsinhoude die lig gesien. Die teoriee word feitlik deurgaans gekenmerk deur 'n holistiese benadering wat beklemtoon dat meer as die kognitiewe en verbale potensiaal van die mens benut behoort te word. Hierdie studie sluit daarby aan, maar soek verder na praktiese instrumente vir geloofsvorming wat aan hierdie vereiste sal voldoen. Die sentrale hipotese van die studie is dat simbole en rituele by uitnemendheid geskik is om geloofsinhoude op 'n holistiese wyse oor te dra en so mee te werk aan 'n proses van geloofsvorming. Daar word in die studie gewys op skuiwe wat die afgelope aantal jare binne die moderne samelewing plaasgevind het en die mens se gedrag, lewens- en wereldbeskouing, asook kommunikasie en teoriee ten opsigte van kommunikasie daadwerklik beinvloed het. Die kompleksiteit van die samelewing word uitgelig omdat dit sowel positiewe as negatiewe implikasies vir die funksionering van simbole en rituele het. Tweedens word simbole en rituele gedefinieer en die funksionering daarvan beskryf Sake soos die wisselwerking tussen simbole en ritue1e en die gemeenskap, die wyse waarop simbole en rituele orde en identiteit aan die gemeenskap gee, die wyse waarop simbole en rituele sonder 'n omhaal van woorde kommunikeer, die pastorale funksies wat deur simbole en ritue1e vervul kan word en die wyse waarop simbole en rituele algaande uit die samelewing verdwyn het, word bespreek. Aandag word ook aan die begrippe "liminaliteit" en "communitas" gegee. Daar word veral aangesluit by die werk van die antropoloog Victor Turner. Hierdie twee begrippe word as wesenlik vir die verstaan van die funksionering van rituele beskou. Derdens word simbole en rituele deur 'n teologiese en Bybelse bril beskou. Ten aanvang word daarop gewys dat daar aan die mens die kwaliteit gegee is om as lewende simbool te funksioneer. Vervolgens word aangetoon hoe be1angrik dit is om die liggaamlikheid van die mens ernstig op te neem en daarna hoedat simbole en rituele vanaf die Bybelse tye 'n sentrale rol gespeel het in die aanbiddingswereld van gelowiges. Die besondere rol wat kerugmatiese en kultiese handelinge, asook die sakramente, in die geloofslewe van mense gespeel het en steeds speel, word bespreek. Vierdens word die gevolgtrekking gemaak dat simbole en rituele inderdaad 'n belangrike rol kan speel in die proses van geloofsvorming. Die argument word verder op deduktiewe wyse ondersteun deur insigte van persone soos J.H. Westerhoff, P. Babin, R. Osmer, C.R. Foster, S. McLean e.a. Daar word veral gewys op die belangrikheid van 'n genuanseerde gebruik van simbole en rituele. Ten slotte word enkele bedieningsvoorstelle en aanbevelings vir verdere navorsing gemaak wat as stimulering van die bedieningspraktyk behoort te dien.
6

Kernkapasiteite van die predikant as missionale leier in die vorming van ʼn missionale gemeentekultuur

Cordier, Gert Stefanus January 2014 (has links)
Die doelwit met hierdie navorsing is die identifisering van die kernkapasiteite waaroor ʼn predikant as missionale leier binne ʼn hoofstroomgemeente moet beskik ten einde die gemeente suksesvol te kan begelei in die vorming van ʼn missionale gemeentekultuur en bedieningspraktyk. Die navorsing word gedoen binne die konteks van die groot paradigmatiese skuiwe in die missiologie sedert die middel van die vorige eeu, soos dit deur Leslie Newbigin geïnisieer, deur David Bosch aangevul en versterk, en deur die Gospel and Our Culture Network verder gevoer en uitgewerk word. Die missio Dei vorm die vertrekpunt vir ʼn missionale ekklesiologie. Sending is nie ʼn aktiwiteit van die kerk nie, maar die handeling van God Drie-enig. Die funksie van die kerk is deelname aan die missio Dei in die wêreld en ganse skepping. Missionale leierskap setel nie in ʼn individu of amp nie, maar ontvang sy gesag van God en is gegee aan die geloofsgemeenskap. Sodanige leierskap vervul ʼn funksie radikaal verskillend van die tradisionele of kontemporêre definisie van leierskap. Missionale leierskap is in wese geloofsonderskeidend en geloofsvormend van aard en vorm binne die geloofsgemeenskap die kennis, vaardighede, houdinge en gewoontes ten einde die geloofsgemeenskap individueel en korporatief te bemagtig vir die onderskeiding van en deelname aan die missio Dei binne die daaglikse konteks waarbinne God die gemeente roep, vorm en stuur. Vanuit die rol wat histories en ampshalwe aan die predikant in ʼn hoofstroomgemeente toegeken word, vervul die predikant ʼn sleutelfunksie ten einde die gemeente suksesvol te kan begelei in die proses van aanpassende verandering en missionale gemeentevorming. ʼn Kwalitatief empiriese ondersoek by gemeentes binne die Suider-Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes (SAVGG) ondersoek die kernkapasiteite wat vir die predikant as missionale leier nodig is. Die ondersoek onderskei vier verskillende rolle vir die predikant as missionale leier: die predikant as apostel of gestuurde; die predikant as teoloog en taalskepper; die predikant as fasiliteerder en begeleier van die proses van aanpassende kultuurverandering; en die predikant as geestelike begeleier en mentor. Die navorsing onderskei voorts die verskillende kapasiteite (kennis, vaardighede houdinge, en gewoontes) wat kernbelangrik is vir die predikant vir die vervulling van hierdie viervoudige rol op weg na missionale gemeentevorming. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2014. / gm2014 / Science of Religion and Missiology / unrestricted
7

Geloofsvorming vanuit `n familiale perspektief

Veldsman, Hester Johanna 30 November 2005 (has links)
The researcher proposes working toward a more integrated approach of faith formation in the local church - where one's immediate family plays the central role and the congregation as the extended family functions as a support system. The church as family becomes a community where faith formation is continually nurtured as a lifelong process and by means of all the ministries of the church. The conscious furthering of faith formation should, therefore, not be confined to the ambit of the Sunday School. Its target group cannot be limited to children and adolescents, but should be be broadened to include the adult members, thus serving the totality of the congregation. The researcher proposes an approach where the different generations are not separated in the process of faith formation, but become an integrated learning community where all the different age groups and generations learn from each other and with each other. / Die navorser stel `n meer geïntegreerde benadering tot geloofsvorming binne die plaaslike gemeente voor - waar die gesin of familie die sentrale rol speel en die gemeente as geloofsfamilie as `n ondersteunende sisteem funksioneer. Die gemeente as familie word `n leergemeenskap waar geloofsvorming `n lewenslange proses is en plaasvind binne al die bedienings van die gemeente. Die navorser stel voor dat geloofsvorming nie net beperk moet word tot die tradisionele kategese of "Sondagskool" wat grootliks gerig is op kinders en adolessente nie, maar verbreed moet word om alle gelowiges van alle ouderdomme in te sluit en so die gemeente as geloofsfamilie te dien. Die navorser stel `n benadering voor waar die verskillende generasies nie van mekaar geskei word in die proses van geloofsvorming nie, maar `n geïntegreerde leergemeenskap vorm waar al die verskillende ouderdomsgroepe en generasies saam met mekaar, asook by mekaar kan leer. / Social work / M. Diac. (Youth Work)
8

Page generated in 0.0419 seconds