Return to search

Taal, kultuur en konflik in die Karoo : ’n historiese gevallestudie van blanke konflikte op Graaff-Reinet, circa 1904 - 1928

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this research is to develop a specific period in the history of the
historically important Karoo town of Graaff-Reinet. The importance of the period
under discussion lies in the fact that during the period in question, Graaff- Reinetters
engaged in a series of socially divisive conflicts that divided the society on a racial
basis based on an individual’s use of either Afrikaans or English. In the aftermath of
the Anglo-Boer War, an Afrikaner nationalistic trend established a foothold on the
Afrikaans speaking population of Graaff-Reinet and forced them to counter the
dominance of an Imperialist and British viewpoint that had been dominant in society
up to that point. This was done by fighting for the importance of Afrikaans as a
language as opposed to English. These two groups of language speakers engaged in a
series of literal and metaphorical frictions within different sections of society,
including on a political level well as in the education of students. Apart from the
conflicts between the Afrikaans and English speaking population, this research will
also examine the occurrence of conflicts within the Afrikaans community of Graaff-
Reinet regarding the loaded decision about what language to use from the pulpit. In
short this research examines the origin and development of Afrikaner nationalism in
Graaff-Reinet during the period after Unification, but more than that and on a much
deeper level it also looks at the social tendencies that manifested itself within this
relatively small and rural Karoo society. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die mikpunt van hierdie navorsing is om ’n spesifieke periode in die geskiedenis van
die histories belangrike Karoodorp, Graaff-Reinet te belig. Die belangrikheid van die
periode onder bespreking lê opgesluit in die feit dat Graaff-Reinetters in daardie
tydperk in ’n reeks sosiaal verdelende konflikte gewikkel was wat die samelewing op
’n rassegrondslag verdeel het; die konflik was gebaseer op ’n individu se taalgebruik
van hetsy Afrikaans of Engels. In die periode ná die Anglo-Boereoorlog het ’n
Afrikanernasionalistiese tendens ’n houvas gekry op Afrikaanssprekendes op Graaff-
Reinet en dit het hulle genoop om in alle erns die oorheersing van ’n Imperialistiese
Britse sienswyse in die samelewing teen te werk. Dit het behels dat die belangrikheid
van Afrikaans vir Afrikaanssprekendes belig is teenoor die Imperialistiese
Ryksgesindes wat weer Engels as die summa summarum van tale aangevoer het.
Hierdie twee groepe taalgebruikers het op etlike terreine vir mekaar die letterlike en
metaforiese stryd aangesê: ondermeer in die politieke speelterrein op die dorp sowel
as in die opvoeding van leerders en met die samestelling van skool- en afdelingsrade.
Buiten die konflikte tussen die Afrikaans- en Engelssprekendes wat op hierdie
verskillende terreine belig gaan word, kyk hierdie navorsing ook na die voorkoms van
taalkonflikte binne Afrikanerkringe self en hoe dit tot uiting gekom in die keuse van
’n taal by godsdiensbeoefening op die dorp. In kort fokus hierdie tesis dus op die
voorkoms en opbou van Afrikanernasionalisme op Graaff-Reinet in veral die tydperk
ná Uniewording, maar dit kyk ook op ’n wyer vlak na die onderliggende sosiale
tendense wat deur die dekades heen op hierdie relatief klein Karoodorp
gemanifesteer het.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/86298
Date04 1900
CreatorsMalherbe, Petrus De Klerk
ContributorsNasson, William Richard, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of History.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format191 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0144 seconds