Return to search

The macro-economic impact of HIV/AIDS in South Africa

Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: South Africa faces one of the world's most severe HIV/AIDS epidemics. Whereas the
disease was initially only regarded as a serious health crisis, it is now clear that the epidemic
will also have economic repercussions. The objective of this study is to project the extent of the
macro-economic impact of HIV/AIDS in South Africa over the next 10 to 15 years.
The study commences with a discussion of the key characteristics of HIV/AIDS and
the current status of the epidemic in South Africa. The demographic inputs used are based on
projections produced by the HIV/AIDS model of Metropolitan Life (the Doyle model). The
methodology and key assumptions behind the Doyle model are described briefly, after which
the demographic projections are presented and discussed.
The paper contains a summary of previous approaches to modelling the economic
impact of HIV/AIDS, as well as a presentation and discussion of their simulation results. In
reviewing the available literature on the economic impact of HIV/AIDS, it becomes apparent
that researchers have not yet reached consensus on the economic impact of HIV/AIDS in
South Africa - estimates of the impact on GDP growth range anywhere between a reduction of
0.3 and 2.0 percentage points over the next 10 to 15 years.
The approach that is used in modelling the economic impact of HIV/AIDS in this
study comprises the following: Firstly, a no-AIDS forecast of the South African economy is
generated using the annual macro-econometric forecasting model of the Bureau for Economic
Research. Secondly, the channels through which the epidemic would likely impact on the
economy are identified and modelled. These include slower growth in the population and the
labour force; higher employee benefit contributions by employers and employees; indirect
costs to the private and public sectors (e.g. lower productivity and higher recruitment and
training costs); and higher health and welfare expenditure by the government, as well as an
increase in tax rates. The economic effects of each impact channel are analysed
independently, after which the different impact channels are combined in the model for the
aggregated AIDS inclusive simulation. The results are presented in the form of comparisons
between "no-AIDS" and "AIDS" projections for key economic variables for the period 2001 to
2015. The paper also contains results from a macro-economic sensitivity analysis, in which seven of the key assumptions are altered in order to test the sensitivity of the model to these
changes.
Simulation results indicate that the epidemic will have a negative impact on
economic growth in South Africa - real GDP growth could fall from a projected average of
3.7% over the period 2002-2015 without HIV/AIDS to between 3.4% and 3.1 % per year with
HIV/AIDS. In contrast, real per capita GDP growth is projected to be 0.7 to 1.0 percentage
points higher compared to a no-AIDS scenario, as the adverse impact of the epidemic on the
population will outweigh the negative impact on real GDP. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika staar een van die wêreld se ernstigste MIV/VIGS epidemies in die gesig.
Aanvanklik is die siekte slegs as 'n erge gesondheidskrisis beskou, maar vandag is dit duidelik
dat die epidemie ook ekonomiese gevolge sal hê. Die oogmerk van hierdie studie is om die
omvang van die makro-ekonomiese impak van MIV/VIGS oor die volgende 10 tot 15 jaar in
Suid-Afrika te beraam.
Die proefskrif begin met 'n bespreking van die belangrikste eienskappe van
MIV/VIGS en die huidige stand van die epidemie in Suid-Afrika. Die demografiese insette wat
gebruik word, is gebaseer op projeksies van Metropolitan se MIV/VIGS model (die Doyle
model). Die metodiek en die sleutel aannames van die Doyle model word kortliks bespreek,
waarna die demografiese projeksies aangebied en bespreek word.
Die studie bevat 'n opsomming van benaderings wat van te vore gebruik is om die
ekonomiese impak van MIV/VIGS te modelleer, asook 'n voorlegging en 'n bespreking van
hul resultate. 'n Oorsig van beskikbare literatuur oor die ekonomiese impak van MIV/VIGS
bring aan die lig dat daar in werkilikheid nog geen konsensus oor die omvang van die impak
op die Suid-Afrikaanse ekonomie bereik is nie. Beramings van die impak op BBP groei oor die
volgende 10 tot 15 jaar wissel van 'n vermindering met 0.3 tot 2.0 persentasie punte.
Die benadering wat in hierdie studie gevolg word om die ekonomiese impak van
HIV/VIGS te modelleer behels die volgende: Eerstens word 'n vooruitskatting van die Suid-
Afrikaanse ekonomie sonder MIV/VIGS gegenereer met die hulp van die makroekonometriese
vooruitskattings model van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek. Die tweede
stap behels die identifisering en die modellering van die verskillende kanale waardeur die
epidemie moontlik die ekonomie kan affekteer. Dit sluit onder andere die volgende in:
stadiger groei in die populasie en die arbeidsmag; hoër bydraes deur werkgewers en
werknemers aan werknemer-bystandfondse; indirekte onkostes vir die privaat en openbare
sektore (bv. laer produktiviteit en hoër werwings- en opleidings koste); 'n toename in
staatsbesteding op gesondheids en welsyns dienste; asook 'n styging in belastingkoerse. Die
ekonomiese implikasies van elkeen van die kanale word individueelontleed, waarna die verskillende kanale saamgevoeg word vir die oorkoepelende simulasie. Die resultate word
aangebied in die vorm van vergelykings tussen "geen-VIGS" en "VIGS" projeksies vir sleutel
ekonomiese veranderlikes oor die periode 2001-2015. Die proefskrif bevat ook 'n
voorlegging van die resultate van 'n makro-ekonomiese sensitiviteits ontleding, waarin sewe
van die sleutel aannames verander is met die doelom die gevoeligheid van die model vir
hierdie veranderinge te bepaal.
Die resultate toon dat die epidemie 'n negatiewe uitwerking op ekonomiese groei in
Suid-Afrika sal hê - die gemiddelde groeikoers in die reële BBP oor die periode 2001-2015
mag daal van 'n geprojekteerde 3.7% sonder MIV/VIGS tot tussen 3.4% en 3.1 % met
MIV/VIGS. In teenstelling toon die resultate dat die gemiddelde groeikoers in per capita reële
BBP tussen 0.7 en 1.0 persentasie punte hoër mag wees vergeleke met die "geen-VIGS"
scenario. Die toename in per capita BBP groei kan toegeskryf word aan die skerp daling in
die groei van die populasie as gevolg van MIV/VIGS.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53135
Date12 1900
CreatorsVisagie, Linette (Linette Louise)
ContributorsSmit, B. W., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Economics .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format224 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds