Thesis (MA (History))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Farm tourism is a fast growing industry in South Africa and internationally. It not only
supplements farmers’ income, but can also contribute to social and economic developments
in rural areas.
Before farm tourism can be implemented it is important to evaluate a farm and its
surrounding district to assess whether it can be a successful enterprise. Certain norms are
applied in the process of assessment.
An assessment was done of the farms Soutpan and Sewefontein, and also the districts of
Calvinia and Nieuwoudtville. The location of the farms and surrounding areas were evaluated
according to climate, ecology and geology. Tourist attractions on the farms and surrounding
areas were also evaluated.
The study offers a cultural historical perspective on farm tourism: the history of the farms
and their owners is discussed, as well as the architecture with regard to style, the materials
and building methods. Daily life and farm activities of the nineteenth and twentieth centuries
are investigated. This includes aspects of intangible culture, such as word art (including place
names and names of persons), as well as weatherlore.
Tested against the system of norms, it would be possible to run a farm tourism industry on
Soutpan, because there are several attractions to entice tourists to the farm. The Karoo
topography and isolation of the farm will however not be acceptable to all tourists. A few of
the farm buildings are derelict and extensive capital investment will be needed to repair
them. Extensive marketing will also be necessary to successfully advertise and run the farm
as a tourist venture. Sewefontein, on the other hand, complies to all the relevant norms and
has already been established as a successful farm tourism enterprise. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Plaastoerisme is in Suid-Afrika en in die buiteland ‘n snelgroeiende bedryf. Dit vul nie net die
boer se inkomste aan nie, maar kan ook ‘n suksesvolle bydrae lewer tot die sosiale en
ekonomiese ontwikkeling van plattelandse streke.
Alvorens plaastoerisme bedryf word, is dit belangrik om ‘n waardebepaling van ‘n plaas en
die omgewing waarin dit geleë is, te maak, om te bepaal of plaastoerisme suksesvol bedryf
sal kan word. Dié waardebepaling word aan die hand van sekere norme gedoen.
‘n Waardebepaling van die plase Soutpan en Sewefontein en die Calvinia- en Nieuwoudtvilleomgewings
is gedoen. Die ligging van die plase en die omgewing is geëvalueer ten opsigte
van klimaat, plantegroei en geologie, terwyl toeriste-aantreklikhede op die plase en in die
omgewing ook ondersoek is.
Die studie bied ‘n kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme: die geskiedenis van die
plase en hulle eienaars is bespreek, asook die argitektuur in terme van styl, boumateriaal en
boumetodes. Die daaglikse lewe en plaasaktiwiteite van die negentiende en twintigste eeu is
ondersoek. Dit sluit aspekte van geestelike kultuur soos volkswoordkuns (onder meer
plekname en persoonsname) en volksweerkunde in.
Getoets aan die normesisteem sou dit wel moontlik wees om plaastoerisme op Soutpan te
bedryf aangesien daar heelwat aantreklikhede is wat toeriste daarheen sou kon lok. Die
Karoo-topografie en afgesonderheid van die plaas sal egter nie by alle toeriste byval vind nie.
Van die geboue op die plaas is reeds vervalle en groot kapitale inset en intensiewe bemarking
sal nodig wees om plaastoerisme suksesvol te bedryf. Sewefontein voldoen goed aan die
normesisteem en plaastoerisme kan, en word reeds, suksesvol daar bedryf.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/4308 |
Date | 03 1900 |
Creators | Visser, Mara |
Contributors | Burden, M., Theron, Mara, University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of History. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 117 p. : ill. |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0021 seconds