Return to search

'n Kultuurhistoriese ontleding van pikturale humor, met besondere verwysing na die werk van T.O. Honiball

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: There are vanous definitions of the concept humour, each depending on the perception
thereof. Such perceptions are influenced by shared experiences, culture, milieu and individual
creativity.
Pictorial humour is divided into various sub genres such as the caricature, cartoon and comic
strip. Each one of these sub genres portrays an individual process of development, both locally
and globally. The work of TO Honiball forms part of this tradition. His artistic personality and
sense of humour is unmistakably portrayed in his creative work.
Honiball became famous as a political cartoonist and played an important role in the rise of
the National Party, seeing that his association with the Nasionale Pers provided him with a
forum as opinion-former. It is said that his comic strips Oom Kaspaas, Jakkals en Wolf and
Adoons-hulle influenced different age groups and even people who were not Afrikaners. It
was however mainly Afrikaans-speaking people who strongly identified with these strips due
to the strong Afrikaans character thereof.
Various instances own Honniballiana, where it is being preserved and is available for research
purposes. A number of marketing initiatives were launched to promote the work of Honiball,
mainly by TO Honiball-Promosies. Despite the fact that much of his work is dated, new
interest is generated by utilising his work in educational programmes.
Honiball's body of work is a source for culture-historical research seeing that it offers
references to the tangible and intangible culture of Afrikaans-speaking South Africans during
his lifetime. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Etlike definisies bestaan van die begrip humor, afhangend van die persepsie daarvan. Sodanige
persepsies word beïnvloed deur onder andere gedeelde ondervindings, kultuur, milieu en
individuele kreatiwiteit.
Pikturale humor word onderverdeel in verskillende sub-genres, soos die karikatuur, spotprent
en strokie. Hierdie sub-genres toon elk 'n afsonderlike ontwikkelingsgang, plaaslik en globaal.
Die werk van TO Honiball vorm deel van dié tradisie. Sy kunstenaarspersoonlikheid en
humorsin word eweneens onmiskenbaar verbeeld in sy skeppings.
Honiball het bekendheid verwerf as politieke spotprenttekenaar en het 'n belangrike rol
gespeel in die opgang van die Nasionale Party, omdat sy verbintenis met die Nasionale Pers
aan hom 'n forum gebied het om as meningsvormer op te tree. Daar word beweer dat sy
strokiesreekse Oom Kaspaas, Jakkals en Wolf en Adoons-hulle verskillende ouderdomsgroepe
en selfs mense van ander volksgroepe as die Afrikaner bereik het. As gevolg van die eg-
Afrikaansheid daarvan het egter hoofsaaklik Afrikaanssprekendes sterk aanklank daarby
gevind.
Verskillende instansies is in besit van Honiballiana, waar dit bewaar word en beskikbaar is vir
navorsingsdoeleindes. 'n Aantal bemarkingsinisiatiewe is geloods om Honiball se werk te
promoveer, hoofsaaklik deur TO Honiball-Promosies. Ten spyte van die feit dat talle
voorbeelde van sy werk gedateer is, word nuwe belangstelling gegenereer deur middel van die
aanwending van sy werk in opvoedkundige programme.
Honiball se oeuvre bied bronne vir kultuurhistoriese navorsing aangesien dit verwysings bied
na die geestelike en stoflike kultuur van Afrikaanssprekendes gedurende sy leeftyd.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53521
Date04 1900
CreatorsVerster, F. P. (Francois Philippus)
ContributorsBurden, M., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences . Dept. of History.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format627 p. ; ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds