Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: In October 1999 South Africa and the European Union (EU) signed a free
trade agreement, the Trade Development and Co-operation Agreement
(TDCA), which came into effect on 1 January 2000. The TDCA was
developed to enhance bilateral trade, economic-, political- and social cooperation
and consists of three components - the creation of a Free Trade
Area between South-Africa and the EU, EU financial aid to South Africa
through the European Programme for Reconstruction and Development
(EPRD), and project aid. However, the EU, in an effort to secure the best
possible deal for itself, often behave in its own interests (through the
manipulation of the Wine and Spirits Agreement) during the negotiations for
the TDCA.
The goal of this study was to establish what exactly trademarks are, and what
implications the EU's protection of intellectual property rights on wine and
spirits trademarks will have on i) the South African wine industry, ii) whether
South Africa could have exercised another option, iii) whether this action has
created a precedent with which the EU can, in future, again force South Africa
or any of its other developing trade partners to make concessions, and iv)
who gains the most from the TDCA.
The concludes that the EU, through the manipulation of the Wine and Spirits
Agreement, left South Africa with no choice by to concede the use of the
contested trademarks - something that has already taken its toll on the South
African wine industry - in order to save the TDCA. This action created a
precedent that the EU will, in future, again be in a position to threaten
developing countries with the termination of an agreement should they fail to
comply with its demands. Finally, the conclusion is made that even though the
TDCA was created to assist South Africa with its reintegration into the world
market, it will ultimately be the EU that benefits most from the agreement. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika en die Europese Unie (EU) het in Oktober 1999 In
vryehandelsooreenkoms, die Trade Development and Co-operation
Agreement (TDCA) onderteken, wat op 1 Januarie 2000 in werking getree het.
Die TDCA is ontwerp om bilaterale handel-, ekonomiese-, politieke- en sosiale
samewerking te bevorder en bestaan uit drie komponente, naamlik die skep
van 'n vryehandelgebied tussen die EU en Suid-Afrika; finansiele steun deur
die EU aan Suid-Afrika onder die European Programme for Reconstruction
and Development (EPRD) en projekhulp. Die EU het egter dikwels in
eiebelang opgetree (deur middel van die manipulasie van die Wyn- en
Spiritus Ooreenkoms) tydens die onderhandelingsproses in 'n poging om die
beste moontlike ooreenkoms vir homself te beding.
Die doel van hierdie studie was om te bepaal wat presies handelsmerke is, en
watter implikasies die EU se beskerming van intellektuele eiendomsregte
aangaande wyn- en spiritushandelsmerke op i) die Suid-Afrikaanse wynbedryf
sal he, ii) of Suid-Afrika 'n ander opsie kon uitoefen, iii) of hierdie aksie In
presedent geskep het waarmee die EU Suid-Afrika of enige van sy ander
ontwikkelende handelsvennote in die toekoms weer sal kan dwing om
toegewings te maak, en iv) wie die meeste baat vind by die TDCA.
Die studie het tot die gevolgtrekking gekom dat die EU deur die manipulasie
van die Wyn- en Spiritus Ooreenkoms aan Suid-Afrika geen keuse gegee het
nie as om die gebruik van die betwiste handelsmerke op te se - iets wat
reeds die Suid-Afrikaanse wynbedryf geknou het - in 'n poging om die TDCA
te behou. Hierdie optrede skep 'n presedent dat die EU voortaan in
onderhandelings met ander ontwikkelende state weer kan dreig om die hele
ooreenkoms te verongeluk indien daar nie aan sy eise voldoen word nie. In
die laaste instansie is daar tot die gevolgtrekking gekom dat, alhoewel die
TDCA daarop gemik was om Suid-Afrika te help met sy herintegrasie tot die
wereldmark, dit uiteindelik die EU is wat die meeste daarby gaan baat.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53076 |
Date | 12 1900 |
Creators | Penwarden, Mia |
Contributors | Breytenbach, W. J., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Information Science. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 130 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0016 seconds