Return to search

Wenslikheid van geregtelike beheer oor die werksaamhede van staatsdepartemente met besondere verwysing na die Departement van Binnelandse Sake

Text in Afrikaans / Die studie is onderneem om die wenslikheid van geregtelike beheer wat die Hooggeregshof van Suid-Afrika oor die werksaamhede van staatsdepartemente uitoefen te bepaal. Daar word na die funksies van die Departement van Binnelandse Sake verwys ten einde bepaalde werksaamhede van daardie Departement as voorbeeld te laat dien in die beantwoording van bogestelde vraag. Ter aanvang word voor-unie regeringinstellings en -openbare dienste, die ontstaan van Suid-Afrikaanse staatsdepartemente en die doelgerigtheid van open bare dienste
beskryf. Daarna word die wyses waarop beheer oor die werksaamhede van 'n staatsdepartement asook hoe beheer in 'n departement uitgeoefen word, uiteengesit. Nadat die doeltreffendheid en effektiwiteit van bestaande beheer ontleed, en die beheer wat die Hooggeregshof uitoefen van die van ander beheerinstellings onderskei word, word geregtelike beheer en statutere beperkings daarop beskryf. Die studie strek oor 'n tydperk wat eindig op 27 April 1994. Daar is bevind dat geregtelike beheer afsonderlik of tesame met ander wyses van beheer, en sander statutere beperkings daarop, uitgeoefen behoort te word. / The study was undertaken to determine the desirability of judicial control which the Supreme Court of South Africa exercises over the activities of state departments. The functions of the Department of Home Affairs are referred to in order that particular activities of that Department may serve as an example when answering
the above-stated question. Initially, government institutions and public services prior to union, the origin of
South African state departments and the purpose of public services are described. Thereafter the modes by which control is exercised over the activities of a state department and how control is exercised in a department, are set out. After an analysis of the efficiency and effectiveness of existing control, and the control
exercised by the Supreme Court is distinguished from that of other controlling institutions, judicial control and statutory limitations thereon are described. The study covers a period ending on 27 April 1994. It is found that judicial control should be exercised separately or in conjunction with other modes of control, and without statutory limitations. / Public Administration and Management / M.A. (Publieke Administrasie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16309
Date06 1900
CreatorsVan Heerden, Michael, 1953-
ContributorsBrynard, Dirk J., Marais, D.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (x, 165 leaves)

Page generated in 0.0028 seconds