Return to search

Reading rubbish: pre-apartheid to post-apartheid South African kitsch

Thesis (MA (English Studies)--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis is concerned with kitsch as cultural phenomena, which it will approach as a
specific ‘aspect’, or ‘product’ of modernity. In doing so, this thesis aims to interrogate the
notion of modernity, through an analysis of kitsch. In the first place, modernity can be
thought as a collection of progressive material changes, usually associated with the onset
of the industrial revolution. In this sense, it is easy to establish kitsch as a typical product
of modernity, as the latter literally provided the objective conditions of possibility for the
production of cheap, easily reproducible industrial goods, with which kitsch is often
associated. In the second place, more than a set of material changes however, modernity
also entailed a concomitant series of cultural values, the rational, scientific worldview
associated with the onset of the Enlightenment. The thesis will therefore also consider
how kitsch can be regarded as a direct expression of these values, in as much as the
characteristic falseness and conformity of kitsch might be seen as a typical product of this
rational, utilitarian worldview. In the third place, modernity also refers to the combined
effect of these material conditions and cultural values. Kitsch will be considered, then,
also in relation to this ‘life-world’. Importantly, the thesis seeks to demonstrate how the
inherent contradictions of modernity become particularly apparent in kitsch.
The connection between colonialism and the Enlightenment is nothing new. Indeed, the
colonial project was driven by the notion that the West was responsible for the
“modernization” and “upliftment” of the rest of the world. However, the idea of
modernity as a universal, ideologically neutral concept is deeply problematic. Indeed, this
can also be considered as one of the contradictions inherent in modernity. By looking at
South African kitsch, this thesis will examine the possibility that, as a typical product of
modernity produced in a local context, it can reveal much about the manifestations or
‘trajectory’ of modernity outside the metropolitan centres, where it is usually located.
This will be explored by examining, on the one hand, the local ‘trajectory’ of the
discourse of modernity, and, secondly, to the place assigned to people within the creation
of these local modernities / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die onderwerp van hierdie tesis is kitsch as ’n kulturele verskynsel, wat dit as volg
benader. Eerstens word daar gevra of dit moontlik is om kitsch as een van die mees
tipiese ‘produkte’ van moderniteit te beskou. Die bogenoemde vraagstelling maak dit dus
moontlik om moderniteit te ondersoek deur ‘n analise van kitsch. In hierdie tesis, word
moderniteit as volg benader: ten eerste, die materiële veranderings in terme van die
produksie proses wat gewoonlik met die industriële revolusie geassosieer word; en
tweedens, die rasionele, wetenskaplike, kommersiële en utilitêre lewensbeskouing ingelei
deur die ‘Verligting’ (of sogenaamde Enlightenment) in die sewentiende eeu. Meer as net
’n versameling fisiese en filosofiese omwentelings, verwys moderniteit egter ook ten
derdens na die gekombineerde impak van die bogenoemde in terme van die effek van
tegnologie op kultuur, en hoe dit die menslike ‘leefwêreld’ betekenisvol beïnvloed en
vervorm.
Die bogenoemde skep dus ‘n raamwerk waarbinne kitsch benader kan word. Ten eerste is
dit maklik om ‘n verband tussen kitsch en tegnologiese ontwikkelinge, wat dit moontlik
maak om vinnige reproduksies van ‘n lae gehalte te vervaardig, te trek. Maar soos beskou
vanuit ‘n meer filosofiese perspektief, kan die valsheid en patroonmatigheid van kitsch
teruggetrek word na rasioneel utilitaristies wêreldbeskouing van die ‘Verligting’, wat
deur die neig na abstrakte, universele waarhede, dikwels vervlakking lei en ook
spesifieke etiese gevolge het. Derdens, wanneer daar na die impak van modernisasie op
die leefwêreld gekyk word, sal faktore soos die opkoms van die middelklas en
sekularisasie ook in ag geneem word. Deur die bogenoemde te ondersoek, sal daar dan
ook gedemonstreer word dat die teenstrydighede wat noodwendig deel vorm van die
konsep van moderniteit self, in kitsch duidelik sigbaar word, juis in die manier hoe kitsch
hierdie teenstrydighede probeer verberg.
Díe drie areas dan in ag geneem, is dit verder nodig om ‘n vierde definisie in te sluit om
die ondersoek van moderniteit, soos dit in hierdie tesis benader word, te verdiep. Die idee
dat kolonialisme en moderniteit ten diepste verbind is, is niks nuuts nie. Die gedagte dat
die Weste juis die onontwikkelde kolonies moes “ophef” en “moderniseer” was
inderdaad dikwels die ideologiese beweegrede vir die koloniale projek. Maar by nadere
ondersoek blyk dit onwaarskynlik dat moderniteit bloot ‘n ideologies neutrale konsep is,
wat oral eenvormige resultate sou behaal. Inderdaad, laasgenoemde kan ook as een van
hierdie sogenaamde “teenstrydighede” inherent tot die konsep van moderniteit beskou
word. Dus, deur na kitsch te kyk wat spesifiek in ‘n Suid-Afrikaanse konteks ontstaan
het, wil hierdie tesis ook die moontlik ondersoek dat plaaslike kitsch (as tipiese produk
van moderniteit) ons iets meer kan vertel oor die spesifieke verloop en gevolge van
hierdie sogenaamde “projek van moderniteit” binne ‘n plaaslike konteks.
Dit sal gedoen word deur die volgende twee vraagstukke aan te spreek, aan die hand van
plaaslike vorme van kitsch. Eerstens sal daar aandag aan die spesifieke “verloop” en
manifestasies van die diskoers van moderniteit in ‘n plaaslike konteks ondersoek word.
Tweedens, gaan hierdie tesis ook aandag gee aan die spesifieke plek wat aan verskillende
groepe mense binne hierdie plaaslike vorme van moderniteit toegeken word. So ‘n
ondersoek sal dan op die plaaslike manifestasies van moderniteit konsentreer, om die
aanname dat moderniteit oral eenvormige resultate en vooruitgang sou bereik, ongeldig te
verklaar. Die idee van “moderniteit” as universele en eenvormige konsep breek dus
letterlik uit mekaar, soos dit met die idee van geografiese spesifieke weergawes van
moderniteit gekonfronteer word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/1782
Date12 1900
CreatorsPotgieter, Carla
ContributorsKlopper, D. C., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of English.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0178 seconds