Return to search

Die impak van onderwysers se identiteitsbasis op hul ontvang en implementering van kurrikulum 2005 in sekere verafgeleë skole van die Wes-Kaap

Philosophiae Doctor - PhD / Hierdie tesis was onderneem as 'n empiriese studie wat fokus op kurrikulumimplementering in 'n afgesonderde geografiese streek in post-apartheid Suid-Afrika, bekend as die Overberg. Die identiteitsbasis waarvolgens onderwysers Kurrikulum 2005 ontvang en implementeer, dien as die sentrale fokus vir 'n onderneming van hierdie studie. My sleutelbevindinge het ek geneem op die basis van empiries- interpretatiewe tegnieke, wat insluit observasies en semi-gestruktureerde onderhoude. Hiervolgens het ek bevind dat die persoonlike, ontologiese, kontekstuele, opleiding, professionele en pedagogiese invloede, 'n impak gehad het op die samestelling van identiteitsbasis van
onderwysers in die Overbergstreek. Dié onderwysers het Kurrikulum 2005 ontvang en geïmplementeer in die lig van hul vorige identiteite. Ek het die empiriese resultate van dié studie vergelyk met die konseptuele raamwerk van my literatuur studies. Dié resultate het aangedui dat daar 'n gaping tussen 'n kurrikulumformulering en 'n kurrikulum-implementering bestaan. Dié gaping verwys na die behoefte om die 'stemme' van onderwysers op die vlak van 'n kurrikulumbeleidformulering, aan te hoor en te verreken. Die studie benut dus kwalitatiewe en
interpretiewe metodes, sodat die institusionele gedrag en stem-identiteite van onderwysers verstaan kan word. Die studie stel voor dat die impak van die onderwyser se sosio-kulturele konteks soos ingebed in hul biografieë, primêr is die vorming van hul professionele identiteitsbasis. Relevant tot dié studie, is hoe onderwysers op Kurrikulum 2005 respondeer op die basis van hul identiteite.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/8483
Date January 2006
CreatorsVisagie, Clarence Vernon
ContributorsFataar, Aslam
PublisherUniversity of the Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of the Western Cape

Page generated in 0.0021 seconds