Return to search

'n Evaluering van die semantiese inligting in die verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal

Thesis (MA (Afrikaans Language))--University of Stellenbosch, 1990. / 199 leaves single sided printed, preliminary pages and numbered pages 1-187. Includes bibliography. Digitized using a Bizhub 250 Scanner to pdf format (OCR). / ENGLISH ABSTRACT: An evaluation of semantic information in a dictionary must take into account all aspects of meaning of
lexical items. Therefore the different homonyms and polysemous senses of lexical items and the
underlying semantic relations between lexical items are accounted for.
A description should be given of the lexical items which form the macrostructure of HAT. These
lexical items include sublexical, multilexical and free lexical items. The treatment of multilexical items
in HAT is not satisfactory at present and suggestions are made for the improvement of the situation.
Possible solutions for distinguishing between homonymy and polysemy are given. Suggestions to
determine the possible polysemous senses of a lexical item are also made. The ordering of polysemous
senses and different homonyms are discussed. It is essential to make use of a synchronic criterion to
distinguish between homonymy and polysemy.
The HAT's treatment of semantic relations between lexical items is not always very succesfull. The
semantic relation which receives the most substantial treatment is that of semantic inclusion between
lexical items. The HAT's treatment of synonyms is not without problems. More attention should be
given to semantic linking and semantic opposition between lexical items.
An evaluation of the system of cross-references in HAT is given, with special reference to the function
of cross-references. Sometimes indistinct typographical conventions are used and they confuse the
user of the dictionary. The indistinct use of typographical conventions has a detrimental influence on
the transfer of information. The cross-reference system of HAT can be improved by an informative
explanation in the general introduction, focusing on ways and means to use it more specifically,
unambiguously and consistently.
A distinction is made between various types of definitions used to define lemmas. Well known
lexicographic definitions such as definitions per genus et differentia, synonymdefinitions, example
definitions, circular definitions and descriptive definitions are discussed. The usage definition and two
definitions which explicate a semantic plus value, the contrast and diminutive definitions, are identified.
Attention is also given to the role of the general introduction in a standard synchronic dictionary.
Suggestions are made to improve the general introduction of HAT. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Wanneer semantiese inligting in 'n woordeboek ondersoek word, word alle aspekte van leksikale items
se betekenis in ag geneem. Dit sluit homonimiese vorme en polisemiese onderskeidinge van leksikale
items in, asook die semantiese betrekkinge wat leksikale items onderling met mekaar aangaan.
Die leksikale items wat die makrostruktuur van die HAT vorm, word beskryf. Dit sluit subleksikale,
multileksikale en vrye leksikale items in. Verskillende tipes multileksikale en subleksikale items word
onderskei. Tans word multileksikale items in HAT nie na wense hanteer nie en voorstelle word aan
die hand gedoen hoe die stelsel verbeter kan word.
Moontlike oplossings vir die onderskeidingsprobleem tussen homonimie en polisemie, asook maniere
waarop 'n leksikale item se polisemiese onderskeidinge vasgestel kan word, word verskaf. Aandag
word ook aan die ordening van polisemiese onderskeidinge en homonimiese vorme gegee. Dit is
belangrik dat 'n sinchroniese maatstaf gebruik word om tussen homonimie en polisemie te onderskei.
Semantiese betrekkinge tussen leksikale items word met 'n wisselende mate van sukses deur HAT
hanteer. Semantiese insluiting tussen leksikale items word die meeste beskryf. Daar bestaan egter
probleme by die hantering van sinonimie tussen leksikale items. Semantiese aansluiting tussen
leksikale items word min deur die woordeboek aangedui. Semantiese opposisie tussen leksikale items
kan ook meer deur die HAT aangedui word.
Die kruisverwysingstelsel van die HAT word ondersoek. Funksies van kruisverwysings word beskryf.
Kruisverwysings word wel deur die HAT redaksie gebruik, maar hulle kan nog meer gebruik word.
Soms word onduidelike tipografiese konvensies gebruik en dit het swak inligtingsoordrag tot gevolg.
Die kruisverwysingstelsel van die HAT kan verbeter word deur dit in die toeligtende aantekeninge te
verduidelik, spesifiek en ondubbelsinnig toe te pas en deur dit konsekwent te gebruik.
Verskillende tipes definisies waarmee leksikale items gedefinieer word, word onderskei. Bekende
leksikografiese definisies soos genus-differentia-definisies, sinoniemdefinisies, voorbeelddefinisies,
sirkeldefinisies en deskriptiewe definisies word bespreek. Die gebruiksdefinisie en twee definsies wat
semantiese pluswaardes ekspliseer, naamlik die teenstellingsdefinisie en die verkleiningsdefinisie,word
geidentifiseer.
Die rol van toeligtende aantekeninge in 'n handwoordeboek word bespreek. Daar word gewys op die
swak toeligtende aantekeninge van die HAT. Voorstelle word gedoen oor hoe die hantering van
semantiese inligting in die toeligtende aantekeninge verduidelik moet.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/4612
Date12 1900
CreatorsFouche, Michele
ContributorsGouws, R. H., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of African Languages.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0026 seconds