Return to search

Spiritualiteitsdiversiteit as uitdaging aan die erediens : 'n verkenning van die funksie van lofprysing in die Nederduitse Gereformeerde Kerk

Thesis (DTh)--University of Stellenbosch, 2002. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is die afgelope paar jare in debatte
gewikkel oor die een aktiwiteit wat uniek aan die kerk is, naamlik haar
aanbidding. Aanbidding het vandag een van die belangrike redes geword
waarom kerke groei, maar is terselfdertyd ook een van die oorsake waarom
gemeentes lidmate verloor en kwyn.
Aan die voorpunt van die debat oor aanbidding, is die kwessie van lofprysing.
Lofprysing het vandag vir baie gelowiges 'n middel geword om hulle geloof en
aanbidding tot uitdrukking te bring. In plaas daarvan dat die nuwe beklemtoning
en behoefte aan lofprysing die kerk in haar aanbidding van God verenig het, het
dit egter 'n bron van frustrasie en konflik geword. Hierdie konflik sentreer
hoofsaaklik om die styl waarin lofprysing plaasvind en word aangehelp deur die
gebrek aan kennis oor die onderwerp en die diversiteit wat in gemeentes heers.
Gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk bestaan vandag uit lidmate
wat uiteenlopende lewensuitkyke handhaaf en verskillende spiritualiteite besit.
Om die hele kwessie van lofprysing binne die konteks van diverse gemeentes
aan te spreek, moes die studie eerstens die aard en funksie van lofprysing binne
die liturgie bepaal. Daarna moes 'n wyse gevind word waarop die diversiteit in
gemeentes hanteer kon word. Deur middel van 'n spiritualiteitstipologie wat
Holmes in 1980 opgestel het, en wat later as basis van verskillende
spiritualiteitsanalises gedien het, is 'n instrument daargestel waarmee gemeentes
en individue se spiritualiteit getoets kon word. In hierdie studie is die analises nie
net gebruik om mense se spiritualiteit vas te stel nie, maar ook om te bepaal of
daar 'n korrelasie tussen spiritualiteitsgroepe en hulle aanbiddingsbehoeftes
bestaan.
Die navorsing het daarin geslaag om nie net 'n verband tussen spiritualiteit en
aanbiddingspatrone aan te toon nie, maar ook die waarde van 'n
spiritualiteitsanalise te beklemtoon om die diversiteit ten opsigte van aanbidding
en lofprysing in gemeentes aan te spreek. / ENGLISH ABSTRACT: Over the past few years the Dutch Reformed Church has been embroiled in a
debate regarding worship within the church. Whilst the worship within a
congregation has become one of the most important factors in church growth, it
is also one of the reasons why some congregations loose membership and
shrink in size.
A major point of contention within this debate relates to the use of praise. To
many believers, praise has become a process through which they worship and
reinforce their faith. Instead of unifying the church in her worship of God, the
current emphasis on praise within the church has become a source of frustration
and a point of contention. This controversy mainly centres around the style with
which praise is practiced within the congregation and is exacerbated by a lack of
knowledge surrounding the topic and the diversity that exists within
congregations. Members of the Dutch Reformed Church has widely divergent
life views and also possess different spiritualities.
To determine the use of praise within divergent congregations, this study
evaluated the nature and function of praise within the context of the liturgy.
Subsequently, a method to manage the diversity within congregations was
developed. In 1980, Holmes developed a spirituality typology within which he
identified four spirituality groups. Based on the spirituality typology, some
spirituality analyses were formed to help congregations and individuals to test
their spirituality. These analyses were used to identify the correlation between a
spirituality group and their worship requirements.
The results from this research clearly showed a positive correlation between
these two parameters and also highlighted the value of using the spirituality
analysis as a method to manage the different praise and worship requirements
that exists within congregations.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/15497
Date12 1900
CreatorsJanse, Rhe, Hendriks, H. J., Cilliers, J. H.
ContributorsUniversity of Stellenbosch. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology and Missiology
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0021 seconds