Return to search

Beleidstelselanalise van militêre opleiding in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2003. / 457 Leaves printed single pages, preliminary pages i-xxvii and 429 numberd pages. Includes bibliography. List of figures, List of tables. / ENGLISH ABSTRACT: POLICY SYSTEM ANALYSIS OF MILITARY TRAINING IN THE SOUTH
AFRICAN NATIONAL DEFENCE FORCE
Borders in a global economy market exist only to determine the sovereignty of
nations. Modern military interventions on the other hand are caught up in a struggle
to stabilise international focal points. In the midst of this struggle, is the South
Africa National Defence Force, in a process of change on the way to a supportive
role to the African Renaissance and an upliftment mandate of the South African
society. The South African government is caught in a battle against poverty,
illiteracy and unemployment of an abundance of general workers, opposing a
shortage of speciality skills measured against the National Qualifications
Framework. The National Defence Force in contrast, attempts to create a
meaningful military development training policy for the backbone of the National
Defence Force, the non-commissioned officer. This military development training
policy should not only adhere to economic restrictions of the Defence Budget, but
should also acknowledge the potential and skills of this specific group.
A literature survey as well as an empirical study of the non-commissioned officer's
military development training policy in respect of the different arms of service in the
National Defence Force shows that up to 18% of the personnel budget is spent on
training. In the midst of this tendency, military development training does not keep
up with changing training policy systems in South Africa, and that its effectiveness
should therefore be improved in an integrated military developmental training
system. The study has found that there are gaps in the military developmental
training policy where learners in the South African Army have to meet far more
course requirements than their peers in other Arms of the Service. Furthermore, the
standard of curricula of the different training courses is not the same. Both these
problems could be solved by way of one responsible, joint training department in the
National Defence Force.In an emotional protection of a defence force culture, the National Defence Force
creates a training budget monster, where seven different training units' supply the
same training. According to the different developmental training curriculums, with
small exceptions of arms of service specific training, developmental training could
easily be presented in one or two separate National Defence Force Units. This idea
will support the concept of one force and joint operations. In addition this idea will
ensure that the National Defence Force exists within a National Defence Force
culture followed by an arm of service culture that is supported by a functional
culture. / AFRIKAANSE OPSOMMING: BELEIDSTELSELANALISE VAN MILITÊRE OPLEIDING IN DIE SUIDAFRIKAANSE
NASIONALE WEERMAG
Grense bestaan in ’n globale ekonomiese omgewing slegs ten einde die
soewereiniteit van volke te bevestig. Moderne militêre intervensies hierteenoor is
gewikkel in ’n stryd om internasionale brandpunte te stabiliseer. Te midde van
hierdie stryd is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in ’n toetstand van
verandering, onderweg na ’n ondersteuningsrol tot die Afrika-Renaissance en
opheffingsopdrag van die Suid-Afrikaanse samelewing. Die Suid-Afrikaanse
regering veg teen armoede, ongeletterdheid en werkloosheid wat ’n oorvloed
algemene werkers bied, teenoor ’n skaarsste aan spesialisvaardighede, gemeet teen
die Nasionale Kwalifikasieraamwerk. Die Nasionale Weermag hierteenoor, poog
om vir die ruggraat van die Nasionale Weermag, die Onderoffisier, ’n betekenisvolle
militêre ontwikkelingsopleidingbeleid daar te stel. Hierdie ontwikkelingsopleidingsbeleid
moet nie slegs aan die ekonomiese beperkings van die Verdedigingsbegroting
voldoen nie, maar moet ook aan die ontwikkelingspotensiaal en
vaardighede van hierdie groep erkenning verleen.
’n Literatuuroorsig sowel as ’n empiriese ondersoek na die militêre ontwikkelingsopleidingsbeleid
van onderoffisiere ten opsigte van die verskillende weermagsdele
in die Nasionale Weermag toon dat die Weermag tot 18,2% van die
personeelbegroting aan opleiding spandeer. Te midde van hierdie tendens hou
militêre ontwikkelingsopleiding nie tred met die veranderende opleidingsbeleidstelsels
in Suid-Afrika nie en kan die effektiwiteit daarvan in ’n geïntegreerde
militêre ontwikkelingsopleidingstelsel verbeter word. Die ondersoek het bepaal dat
daar veral leemtes bestaan in die militêre ontwikkelingsopleidingsbeleid, aangesien
leerders in die Suid-Afrikaanse Leër aan veel meer kursusvereistes moet voldoen as
hulle gelykes in die ander weermagsdele. Verder is die standaard van die
kurrikulums van die verskillende opleidingskursusse ook nie dieselfde nie. Beide
hierdie probleme sou opgelos kon word deur middel van een verantwoordelike,
gesamentlike opleidingsdepartement in die Nasionale Weermag.In ’n emosionele beskerming van ’n weermagsdeelkultuur, skep die Nasionale
Weermag ’n opleidingsbegrotingsmonster, waar sewe verskillende opleidingseenhede
dieselfde opleiding verskaf. Die verskillende ontwikkelingsopleidingskurrikulums,
met die uitsondering van ’n beperkte aantal weermagsdele wat unieke
opleiding verskaf, kan gemaklik onder die vaandel van een of twee Nasionale
Weermagsdeeleenhede aangebied word. Hierdie gedagte sal steuning verleen aan
die Een Mag en Gesamentlike Operasionele gedagte van die Nasionale Weermag.
Verder sal hierdie visie verseker dat die Nasionale Weermag eerstens bestaan binne
’n Nasionale Weermag kultuur, gevolg deur ’n Weermagsdeelkultuur wat
gerugsteun word deur ’n funksionele kultuur.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16029
Date04 1900
CreatorsCoetzee, Abraham Johannes Albertus
ContributorsCloete, G.S., Greyling, E.S.G., University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxxvii, 399, 128 leaves : ill., (some col.)
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0034 seconds