Return to search

Misdaad in die nywerheid. 'n kriminologiese ondersoek

Aangesien misdaad in die handel- en nywerheid in die
jonste tyd in omvang toeneem, het by die ondersoeker
die begeerte ontstaan om vas te stel wat die aard,
omvang en die gevolge van misdaad, o.a. winkeldiefstal
en gapsery in die privaatsektor is. Voorts is klem
gele op die basiese vereistes van sekuriteit asook die
daarstelling en gebruik van die beskikbare fisiese beveiligingstelsels.
In die laaste plek is aangedui
watter rol sekuriteitspersoneel ten aansien van sekuriteit
in die handel en nywerheid speel.
In die 600 handels- en nywerheidsondernemings wat in
die ondersoek betrek is, is 23 052 misdade gepleeg waarvan
18 700 (81,12%) diefstal is. Die ander misdade is
bedrog, vervalsing, eiendomsbeskadiging, geweldpleging,
aanranding, huisbraak (inbraak) dobbelary en die gebruik
van dagga. In totaal is 17 713 van die 23 052 misdade
deur die werknemers gepleeg. Twee-en-tagtig persent
(14 434) is diefstal en is hoofsaaklik deur die nieblanke
rassegroep gepleeg. Die meeste werknemers,
naamlik 10 396 (58,69%) wat oortree is tussen die ouderdomme
17 en 25 jaar. Dit is gedurende die leeftyd dat
mense tot die beroepsarbeid toetree en dikwels vanwe~
onoordeelkundige besteding van hul verdienste nie die
mas kan opkom nie en dan van ongeoorloofde metodes gebruik
maak om die soms karige inkomste aan te vul. Namate
die ouderdom styg, in die mate neem misdaad af.
Die boonste bestuur tree nie deurgaans konsekwent op
teen mense wat van hul eiendom steel nie. Die redes is die volgende : In die eerste plek is hulle nie bereid
om ter wille van minder ernstige oortredings kosbare
ure in die howe deur te bring nie. In die tweede
plek tree hulle meer simpatiek op teen die vroulike geslag
as teenoor die mans. Laastens word jeugdiges wat
oortree eerder aan hul ouers as aan die polisie oorhandig
aangesien die boonste bestuur jeugoortreders saver
moontlik van die howe probeer we~hou ten einde nie
hul toekoms daardeur te benadeel nie.
Winkeldiefstal en gapsery is ~ misdaad wat in die jongste
tyd vir veral die kleinhandelaars, heelwat hoofbrekens
besorg.
Die meeste oortreders is werknemers tussen die ouderdomme
17 en 25 jaar. Nie minder nie as 53,40 persent
(4 514) val in die ouderdomsgroep. Net 2 jeugdiges
tussen 7 en 16 jaar is aan die polisie uitgelewer terwyl
die res aan hul ouers oorhandig is. Slegs 4 754
werknemars wat hul werkgewers besteel is aan die polisie
uitgelewer terwyl 9 580 nie vervolg is nie. Ten aansien
van die buitestaanders is die situasie ietwat anders.
In totaal het 2 591 winkeldiewe en gapsers met die gereg
gebots teenoor 1 575 wat nie in die hande van die
gereg geval het nie.
Winkeldiefstal en gapsery het tot gevolg dat die 600
ondernemings R1 656 46o per jaar as onvoorsiene verliese
afskryf. Dit is ~ bedrag wat van die verbruikerspubliek
verhaal moet wod. die gevolg is dat pryse onnodig die hoogte inskiet met onvermydelike stimulasie van inflasie en benadeling van die landsekonomie. Dit het nodig geword dat elke ondernemer sy eiendom
self beskerm en beveilig. Gebruikmaking van die beskikbare
fisiese beveiligingstelsels soos dief- en
brandalarmstelsels, geslotebaantelevisie, eenrigtingspie~
ls, interkommunikasiestelsels, sekerheidsheinings,
sekerheidsbeligting, ens. sal die sekuriteitspersoneel
in staat stel om op ~ doeltreffende wyse handels- en
nywerheidseiendom te beveilig. Om dit moontlik te
maak moet daar noue samewerking tussen die sekuriteitshoof
en die boonste bestuur wees. Dit op sigself bring
mee dat die boonste bestuur sekuriteitsbewus moet wees.
'n Verliesbeheerstelsel met sekuriteit as basis, behoort
die boonste bestuur in staat te stel om daagliks te bepaal
of die ondernemings suksesvol funksioneer al dan
nie. Indien hulle daadwerklik in die verband optree,
behoort deeglik opgeleide sekuriteitspersoneel met behulp
van die beskikbare fisiese beveiligingstelsels dit
vir die misdadiger bykans onmoontlik te maak om die handel en nywerheid te beroof. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1979. / gm2014 / Anthropology and Archaeology / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/37289
Date January 1979
CreatorsKruger, Jan Johannes Lewis
ContributorsVenter, H.
PublisherUniversity of Pretoria
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rights© 1979 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0017 seconds