Return to search

n Taalbeleid om veeltaligheid aan die Universiteit van Stellenbosch te bevorder

Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This assignment is based on the principles of the sociolinguistic theory. Exponents of the
sociolinguistic theory focus on the social dimension of language. They argue that
language planning is part of social change, and as such it is subjected to the rules of social
change. Language planning does not take place in a vacuum and therefore, the
exponents of the sociolinguistic theory also focus on the broader societal factors such as
the economic, political, demographic and psigological factors that influence language
planning during the planning phase.
This study investigates the manner in which the University of Stellenbosch dealt with
multillingualism through its language policy. In this regard the investigation aims to
establish whether the University of Stellenbosch is doing enough in terms of its language
policy to promote multilingualism through developmental programmes, in order to make
the university more accessible for non-Afrikaans speakers from the community it serves.
This study also investigates the historic background of the university and nationalism in
dealing with the lingusitic and Afrikaans character of the University. In this regard the
focus is on the role of Afrikaner Nationalism, the role it played in the language policy, and
also how it influenced the broader political goals of nation building and reconciliation.
Against this backdrop a critical analysis is made of the language policy of the University of
Stellenbosch based on the provisions of the constitution and language ideological models.
Lastly this study aims to make recommendations for a language policy at Stellenbosch
University which will promote multilingualism, by recognising all the official languages,
through this the university will be more accessible for non-Afrikaans speakers, especially
those in the Western Cape. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die werkstuk is gebaseer op die beginsels van die sosiolinguistiese teorie. Voorstanders
van die sosiolinguistiese teorie plaas die fokus op die sosiale aard van taal.
Taalbeplanning is deel van sosiale verandering, en is as sulks onderhewig aan die reëls
van sosiale verandering. Taalbeplanning geskied nie in 'n vakuum nie, en daarom fokus
voorstanders van die sosiolinguistiese teorie ook op die breër sosiale faktore soos die
ekonomiese, politieke, demografiese en psigologiese faktore wat taalbeplanning beinvloed
tydens die beplanningsfase.
Hierdie studie is 'n ondersoek na die wyse waarop veeltaligheid aan die Universiteit van
Stellenbosch hanteer word. In hierdie verband word ingegaan op die kwessie of die
Universiteit van Stellenbosch in terme van sy taalbeleid, genoeg doen om veeltaligheid
deur ontwikkelingsprogramme te bevorder sodat die universiteit meer toeganklik kan wees
vir nie-Afrikaanssprekendes uit die gemeenskap wat dit dien.
Die studie ondersoek ook die historiese agtergrond van die universiteit en nasionalisme in
die hantering van die taal- en Afrikaanse karakter van die universiteit. In dié verband word
spesifiek gefokus op die rol van Afrikanernasionalisme, asook die wyse waarop die breër
politieke strewes van nasiebou en versoening die formulering van die universiteit se
taalbeleid beïnvloed het.
Teen hierdie agtergrond word 'n kritiese analise gedoen van die taalbeleid van die
Universiteit van Stellenbosch aan die hand van die bepalings van die grondwet en
taalideologiese modelle.
Laastens word aanbevelings gemaak vir 'n taalbeleid aan die US wat veeltaligheid sal
bevorder deur erkenning te gee aan alle amptelike tale veral in die Wes-Kaap sodat die
US meer toeganklik kan wees vir nie-Afrikaanssprekendes.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52368
Date03 1900
CreatorsJacobs, Johannes Daniel
ContributorsCloete, F., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format124 p.: ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds