Return to search

Die ontmaskering van diepliggende stemme in sprokies : 'n polifoniese dialoog in Rosemarie Marriott se relaas… / Dineke van der Walt

In hierdie verhandeling ondersoek ek die wyse waarop die installasiewerke van
Rosemarie Marriott se uitstalling relaas... (2010-2011), soos uitgestal in die
hoofgalery op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, deur
aanskouers as 'n narratief gelees en geïnterpreteer kan word. In my lees en
interpretasie van Marriott se werke sluit ek aan by Bal se argument dat kunswerke
as tekste gelees kan word wanneer die kunswerke as narratiewe beskou word. Die
teoretiese grondslag vir so 'n ondersoek is geleë in Bakhtin se argumente met
betrekking tot die interaksie tussen die outeur, protagonis en die leser ten einde vas
te stel hoe Marriott se uitstalling [relaas...] op ʼn Bakhtiniaanse wyse alle lesers in 'n
polifoniese dialoog probeer betrek. Binne die bestek van die studie vorm Bakhtin se
teoretisering van die karnavaleske die utopiese tydruimtelike konteks waarin die
gelykstelling van perspektiewe kan plaasvind. Daarmee saam verduidelik die
Bakhtiniaanse begrip van dialogisme [onder andere] dat narratiewe uit dialoë tussen
medegeregtigde gespreksgenote opgebou moet word. Dialogisme word voorts benut
as die beskrywende konstruk en die ideale ontwerp waarvolgens die outeur die
narratief moet organiseer.
Ek voer aan dat Marriott in haar ontwerp van relaas... op ʼn soortgelyke wyse as die
Bakhtiniaanse karnaval, die wêreld omgekeer voorstel deur die groteske
sameflansing van onsamehangende konsepte en materiaal soos sprokies,
kinderspeelgoed en taksidermie. Soos ʼn sprokieschronotoop het relaas...
antropomorfiese dierekarakters wat interaktief aan die narratief deelneem, klere
aantrek, en selfs kan “praat”. Ten slotte argumenteer ek dat Marriott van ʼn
komplekse maskerspel gebruik maak waarin sy, soos in die Bakhtiniaanse
maskerade, groteske maskers oplê, sodat lesers as deelnemende karakters en as
gevolg van Marriott se ontwerp, diepliggende betekenis in sprokies kan ontmasker. / MA (History of Art), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/15671
Date January 2014
CreatorsVan der Walt, Dineke
Source SetsNorth-West University
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0019 seconds