Return to search

An analysis of the evolving military futures debate : explaining alternative military futures for the South African National Defence Force

Dissertation (PhD)--University of Stellenbosch, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: Twenty-first century armed forces increasingly have to operate amidst unprecedented uncertainty
and complexity cascading onto the military domain. Not only are their roles and implicitly their
whole being now constantly questioned; the historic rationale for their existence is also under
pressure. New and even unorthodox responsibilities find their way into and increasingly begin to
eclipse and challenge traditional elements that configure the military sphere. Adjustments
towards new futures thus become essential, as the images of warless futures and endisms about
war remain merely that - images. Subsequently, notions about the adaptive military and armed
forces being open ended systems sensitive to and capable of remaining in step with unfolding
futures, become imperatives. In addition to learning from history, military futures now increasingly
co-feature as the domain to master in the pursuit of appropriate future armed forces.
Exploring the future through a recognised field of study allows for alternative futures to unfold that
are bound to differ from an historic review and its linear continuance. This also serves as a
tenable argument for military futures. Only by systematically peeling away the dogma that armed
forces are instruments for war and little else, can the required changes to and future contributions
of military establishments towards alternative military futures be exposed. Subsequently, military
forces become entities capable of changing alongside their societies towards futures not
predominantly shaped for and by war. To this end, the topic of alternative military futures offers
insights into the utility of armed forces as a more contributing and constructive future policy
instrument.
In researching alternative military futures through contiguous debates concerning the futuresmilitary
nexus, military change, the Revolution in Military Affairs, and the unfolding strategic
environment, it emerges that military change towards new futures is a rather slow and
incremental process. Furthermore, the Revolution in Military Affairs, in spite of its prominence,
offers limited future options to the majority of governments aspiring to exploit new ways and
means for engaging military futures. In turn, the future strategic environment premises strategic
futures leaving armed forces little choice but to prepare for a horizontal threat spectrum of
simultaneity and complexity, and a vertical dimension of a destructive-constructive merger. This
matrix calls for expanded military means to meet complex futures characterised by simultaneity
and variety through a response hierarchy comprising destructive and constructive ways and
means. These are future challenges also faced by the defence decision-makers and military
practitioners in South Africa. Alternative military futures for the South African National Defence Force (SANDF) comprise some
interface with the dynamics posited by theories on military change, contributions by the
Revolution in Military Affairs and threat-response continuum posited by the future strategic
environment. From this challenging premise alternative military futures embedded in the more
constructive and preventative use of its military policy instrument towards Africa in particular, a
South African defence paradigm is emerging for employing the South African National Defence
Force in future. Renouncing the warfighting option to bring about change, accepting the volatile
and complex African challenge and embracing democracy and multilaterism call for new defence
thinking to probe the future. This search is bound to reveal the unfolding of alternative military
futures that reach beyond the expectations of South African defence decision-makers and military
practitioners from both the apartheid and struggle generations. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Militêre magte van die 21ste eeu opereer toenemend te midde van ongeëwenaarde onsekerheid
en kompleksiteit wat op hul terrein van verantwoordelikheid aanspoel. Nie net die bydraes wat
gewapende magte lewer nie, maar ook hul aard en wese word bevraagteken. Verskeie en selfs
vreemde verantwoordelikhede kruip tans op die militêre verantwoordelikheidsgebied aan, wat
weer die boustene van die militêre sfeer verwring of ondergrawe. Aanpassing om by
toekomskwessies aan te pas raak dus noodsaaklik aangesien verwagtinge dat oorlog en die nut
van militêre magte gaan verdwyn, 'n onderontwikkelde teorie verteenwoordig. Sieninge dat
gewapende magte oop sisteme en aanpasbaar is met 'n sensitiwiteit vir wat in hul saamlewings
plaasvind, asook dat hul in pas kan bly met hoe die toekoms ontvou, het noodsaaklike
eienskappe geraak. Ter aanvulling van die historiese lesse, raak toekomsaspekte van die
militêre domein nou kritiek vir die daarstelling van doelgeskikte en toekomsgerigte militêre magte.
'n Ondersoek van die toekomsveld deur van 'n erkende studieterrein gebruik te maak bevorder
sieninge oor wat moontlik kan ontvou. Hierdie vooruitskouinge kan weer die historiese
benadering en die linieêre voortsetting of projeksie daarvan aanvul. Hierdie onderlinge aanvulling
is ook tersaaklik in die geval van die militêre toekomsomgewing. Slegs deur die dogma dat
gewapende magte alleenlik geskik is vir die voer van oorloë en weinig anders, te weerlê, kan die
veranderinge en bydraes van gewapende magte binne nuwe toekomsdimensies ondersoek en
afgebaken word. Militêre magte kan dus voorgestel word as entiteite wat tog saam met hul
gemeenskappe aanpas by veranderinge en die toekoms tegemoet kan gaan sonder dat
laasgenoemde hoofsaaklik deur oorlog gevorm en onderlê word. Op hierdie wyse bied die
onderwerp bekend as alternatiewe militêre toekomste meerdere insigte rakende die langer
termyn nuttigheid van meer konstruktiewe gewapende magte.
Die naspeur van toekomstige militêre aangeleenthede deur van die toekoms-militêre samehang,
militêre verandering, die Rewolusie in Militêre Aangeleenthede, en die opkomende strategiese
omgewing gebruik te maak, bied bepaalde insigte: die aanwesigheid van 'n samehang tussen
toekomsstudies en die militêre faktor en dat die aard van militêre veranderinge as 'n
inkrementele proses waarneembaar is. Ten spyte van die prominensie wat dit geniet, blyk dit dat
die Rewolusie in Militêre Aangeleenthede beperkte opsies bied aan diegene wat beplan om die
weg te volg om militêre aspekte van die toekoms tegemoet te gaan. Die toekomstige strategiese
omgewing dui weer daarop dat gewapende magte min beweegruimte gegun word om vir
tradisionele rolle voor te berei. 'n Horisontale spektrum van gelyktydigheid en kompleksiteit vorm
saam met 'n vertikale destruktiewe-konstruktiewe kontinuum 'n matriks. Hierdie matriks vereis
nou van weermagte die totstandbringing van uitgebreide militêre vermoëns en middele om kompleksiteit wat deur gelyktydigheid en verskeidenheid gekenmerk staan te word, die hoof te
bied. Hierdie toekomstige kwessies word ook deur Suid-Afrikaanse besluitnemers en militêre
bevelvoerders in die gesig gestaar.
Toekomskwessies vir Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) word vervat in dieselfde
aspekte wat deur die aard van militêre veranderinge, die rol van die Rewolusie in Militêre
Aangeleenthede en verwikkeldheid van die strategiese omgewing gereflekteer word. Gegewe
hierdie uitdagende situasie, blyk dit dat alternatiewe vir die SANW neig om merendeels die
konstruktiewe en voorkomende gebruik van die militêre beleidsinstrument te weerspieël. Hierdie
neiging omvat dan ook 'n onteenseglike Afrika fokus met die gevolg dat die meer voorkomende
en konstruktiewe gebruik van die land se weermag prominent in die opkomende Suid-Afrikaanse
verdedigingsparadigma figureer. Deur die oorlogsopsie as 'n wyse om verandering te
bewerkstellig af te keur, die onstabiele en komplekse Afrika-uitdaging te aanvaar en demokrasie
en multilateralisme voor te staan, vereis nuwe verdedigingsdenke vir die toekoms. Vanuit hierdie
vertrekpunt is dit waarkynlik dat militêre alternatiewe en toekomskwessies kan ontvou wat veel
wyer strek as dit waarop besluitnemers vanuit beide die apartheids - sowel as struggle geledere
reken.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/17334
Date04 1900
CreatorsVrey, Francois
ContributorsRoux, A., University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Management and Planning. Institute for Futures Research (IFR).
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxxii, 403, [20] leaves : ill.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0169 seconds