Return to search

Kwantitatiewe beskrywende studie na die houding van verpleeglundiges teenoor terminasies van swangerskap binne king se sisteem teorie

The aim of this study was to describe the nurses‘ perception of termination of pregnancy and her perception of her conduct towards clients that request termination of pregnancy guided by Kings‘ Systems Approach and Goal Attainment Theory.
A non-experimental quantitative descriptive correlational design was used. A non-probability purposive sampling method was used consisting of institutions in the Western Cape, available to participate in this study, which deliver termination of pregnancy services, gov
ernment health care institutions (21) and Marie Stopes clinics (3). Non-probability convenience sampling was used consisting of registered nurses who are working in termination of pregnancy units in these facilities (N=82). Data were collected through the administration of a self-designed questionnaire.
The main findings of the study indicate that respondents (personal system) appear to feel positive about the work they are doing. Formal improvement and development are however not utilised optimally.
Regarding the interpersonal system, respondents also show a positive orientation to both the woman opting for termination of pregnancy and the foetus. The potential towards transaction and ultimately goal attainment reside within this system. The respondents are also positive about legislation, employers and policies (social system) relating to termination of pregnancy. This orientation creates a milieu that is conducive to transactions, interactions and goal attainment.The main recommendation is that three systems as proposed by King be continuously integrated within the termination of pregnancy setup through, amongst other measures: values clarification, management support, in service education, the inclusion of termination of pregnancy in undergraduate programmes, focus groups and the like. / Die doel van hierdie studie was om die verpleegkundige se persepsie van terminasie van swangerskap en haar persepsie van haar houding en gedrag teenoor kliёnte wat terminasie van swangerskap versoek, aan die hand van King se Sisteembenadering en Doelwitbereikingsteorie te ondersoek en te beskryf.
`n Nie-eksperimentele kwantitatiewe beskrywende korrelasie navorsingsontwerp was gebruik. `n Nie-waarskynlike doelbewuste-steekproefneming van die staatsgesondheidsorg-instansies wat terminasie van swangerskapdienste aanbied, is geneem en wat beskikbaar vir hierdie studie was (21) asook die Marie Stopesdienste (3), in die Wes-Kaap. `n Nie-waarskynlike gerieflikheidsteekproefneming is van verpleegkundiges geneem wat swangerskappe in hierdie afdelings termineer of moet termineer (N=82). Data is met behulp van `n selfontwerpte vraelys ingesamel.
Die hoofbevindings van die studie dui daarop dat respondente (persoonlike sisteem) positief voel oor hul werk. Formele ontwikkelingshulpbronne word egter nie optimaal deur die sisteem benut nie.
Wat die interpersoonlike sisteem betref, toon respondente ook ‗n positiewe oriëntasie tot beide die vrou wat terminasie van swangerskap aanvra en die fetus. Die potensiaal tot transaksie-sluiting en uiteindelike doelwitbereiking is binne hierdie sisteem geleë. Die respondente is ook positief oor wetgewing en die werkgewer en beleid (sosiale siteem) ten opsigte van terminasie van swangerskap. Hierdie oriëntering laat ‗n milieu wat bevorderlik is vir transaksie-sluiting, interaksie en doelwitbereiking.
Die hoofaanbeveling is dat voortdurend gepoog moet word na die integrasie van King se drie sisteme binne die terminasie van swangerskapafdelings deur onder meer: waarde-uitklaringswerkswinkels, ondersteuning van bestuur, indiensopleiding, die insluiting van terminasie van swangerskap in voorgraadse kurrikula, fokusgroepe en so meer. / Health Studies / D. Litt. et Phil. (Gesondheidstudies)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/5962
Date11 1900
CreatorsTruter, Anso
ContributorsVan der Wal, Dirk Mostert, Tjallinks, J. E.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (various pagings)

Page generated in 0.1431 seconds