Return to search

The social inclusion of learners with visual impairment in a mainstream secondary school in Namibia

According to Hatlen (2004), most learners with disabilities in an inclusive educational setting are socially isolated. This statement contributed to the research question of this study, how do learners with visual impairment experience the social aspects of their inclusion in a Namibian mainstream secondary school?
The aim of this study was to design a case study to analyse and describe data collected from learners with visual impairment and other participants to determine how they are socially included in a mainstream setting. A qualitative research methodology was used, which included purposive sampling to select participants. The researcher functioned in an interpretive/constructivist paradigm.
It was found that the learners with disabilities and the able-bodied learners do not truly mix, however, the learners with disabilities are content in the mainstream school and they prefer it. / Om aan 'n groep te behoort en sosiaal ingesluit te voel is 'n basiese menslike
behoefte - dit is net so belangrik soos die basiese behoeftes van kos en
veiligheid. Sosiale inklusie kan as een van die kritiese elemente beskou word
wat onderskei tussen mense wat ongesteld is en mense wat gesond is.
Betekenisvolle verhoudings dra by tot self-aktualisering. Lae sosiale inklusie
beteken vir leerders eensaamheid en swak aanvaarding deur portuurgroepe.
Sosiale inklusie is van groot belang vir kinders se ontwikkeling.
Navorsing het bevind dat inklusiewe hoofstroomskole die effektiefste manier is
om diskriminasie te beveg en sosiale insluiting te bevorder. Hatlen (2004) is
van mening dat die groter meerderheid van leerders met gestremdhede in 'n
hoofstroomskool sosiaal gei soleerd is.
Die doel van hierdie kwalitatiewe studie was om leerders met gestremdhede se
persepsie van hulle eie sosiale aanvaarding binne 'n inklusiewe hoofstroom
sekondere skool te ondersoek. Die navorser het binne 'n
interpretatiewe/konstruktivistiese paradigma gewerk. 'n Kwalitatiewe
navorsingsmetodologie is gevolg en het die volgende ingesluit: doelbewuste
seleksie om te bepaal wie die deelnemers sou wees; onderhoude, observasie,
dokumente en refleksies om data te genereer; en inhoudsanalise om die data
te analiseer.
Navorsingsbevindinge dui aan dat leerders met gestremdhede vir jare
afgesonder was van die res van die samelewing deur hierdie leerders in
spesiale skole te plaas. Dit het veroorsaak dat mense vervreemd van mekaar
is en het 'n skeiding tussen 'ons' en 'hulle' veroorsaak. Die bevindinge van
hierdie studie beklemtoon die belangrikheid van bewusmaking tussen leerders
met gestremdhede en leerders sonder gestremdhede. Daar kom wel
afknouery voor op die skoolgronde en ware vriendskappe tussen leerders met
gestremdhede en leerders sonder gestremdhede vind nie in die ware sin van
die woord plaas nie. Hierdie leerders is egter tevrede en verkies steeds om in
'n hoofstroomskool te wees. Inklusiewe onderwys is nog 'n nuwe konsep en in die ontwikkelingsfase in Namibie, terwyl die leerders nog onbekend is met
inklusie, asook met mekaar. / Educational Studies / M. Ed. (with specialisation in Guidance and Counselling)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/3731
Date03 1900
CreatorsHuman, Lizl
ContributorsLessing, A.C. (Anna Christina), 1947-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xii, 138 leaves)

Page generated in 0.0021 seconds