Return to search

Filosofiese analise van aspekte van die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Geloofsleer / A philosophical analysis of aspects of the articles of faith of the Dutch Reformed Church

Text in Afrikaans with abstracts in Afrikaans, English and Zulu. Translated title in English supplied / Die hoofdoel van die verhandeling is om die fundamentele aanspraak van die Nederduitse Gereformeerde Kerk aan te spreek dat sy belydenisskrifte, met spesifieke verwysing na daardie leerstellings wat met die vraag oor die ontstaan van die mensdom en die oorsprong van sonde handel en wat in 1619 deur die Sinode van Dordrecht aanvaar is, waar is. Hierdie leerstellings word (teologies) as waarhede voorgehou dat dit op die Bybel as die Woord van God gegrond is.


Die vertrekpunt van die verhandeling is dat die betrokke leerstellings vanuit ’n toepaslike historiese konteks benader moet word wanneer die vraag van hulle geldigheid aangespreek word. Nog meer, betoog die verhandeling dat dit vandag epistemologies geregverdig is om te glo dat die betrokke leerstellings deur hedendaagse wetenskaplike bevindings en ander tersaaklike bewyse onwaar gemaak is.

Die kwessie van waarheid moet daarom (her-)aangespreek word vanuit ’n perspektief wat moderne wetenskaplike bevindings insluit. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk het egter in 2010 suggereer dat sy fundamentele leerstellings met daardie (wetenskaplike) bewyse wat dit onwaar maak, kan medebestaan. Die verhandeling demonstreer dat dit nie moontlik is nie. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M.A. (Philosophy)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/25599
Date01 1900
CreatorsCrouse, Johan Theodor
ContributorsCloete, M.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xx, 199 leaves), application/pdf

Page generated in 0.0021 seconds