Return to search

Inclusive education for learners with Down syndrome : the role of the educational psychologist

Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2002. / Page ii of digitised copy missing due to the condition of the original hard copy. / ENGLISH ABSTRACT: no abstract available / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie bestudeer die rol wat die opvoedkundige sielkundige kan speel in
die ondersteuning van leerders met Downsindroom tydens die insluiting tot
hoofstroomonderwys. Die studie vind plaas in 'n tydperk waar postmoderne denke
en demokratisering van onderwys in Suid-Afrika te voorskyn kom. Hierdie tipe
studie is relevant. aangesien huidige beleidsdokumente klem Ie op die
demokratisering van onderwys en die transformasie na inklusiewe onderwys. Die
Universiteit van Pretoria het in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch
'n lootsprojek geinisieer waarin inklusiewe onderwys bestudeer is. Die projek het
bestaan uit 'n gevallestudie van tien leerders met Downsindroom wat gedurende
1996 in verskillende hoofstroom kleuterskole geplaas is, waartydens hulle 'n
leergereedheidsprogram gevolg het. Gedurende 1997 is die leerders in graad eenklasse
in die hoofstroom geplaas. Die leerders se agtergrond was divers ten
aansien van hul onderrig, maar die meeste van hulle was eers in spesiale skole.
Die doel van die studie was om die leerders, ouers en onderwysers te ondersteun
en verdere ondersteuning in a trans-disslplinere span te koordineer. Die
waarneming en temas wat in hierdie studie na yore gekom het, beklemtoon dat
diagnose, evaluasie en terapeutiese ondersteuning binne 'n ekosistemiese
raamwerk belangrik is vir leerders met Downsindroom wat in die hoofstroom
geplaas word. Die konsep van holistiese gesondheidsontwikkeling word
beklemtoon in die transformasie van onderwys in Suid-Afrika. Opvoedkundige
sielkundiges moet hulself dus ook strategies posisioneer. Gedurende die studie is
die volgende rolle vir die opvoedkundige sielkundige ge"identifiseer: psigoterapeut,
assessor/evalueerder, fasiliteerder, navorser/reflektiewe praktisyn, vakspesialis,
konsultant, bestuurder en administratiewe rol en laastens die rol van
ontwikkelingsfasiliteerder. Dit is ook belangrik dat die opvoedkundige sielkundige
die rol as fasiliteerder van geestesgesondheid vertolk.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52885
Date03 1900
CreatorsNewmark, Rona
ContributorsEngelbrecht, Petra, Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format384 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds