Return to search

Onderhoudsbevele : die effektiwiteit daarvan in familieregtelike konteks

Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / Die nie-nakoming van onderhoudsbevele is 'n universele problem. Wereldwyd word daar
gedurig pogings aangewend om by wyse van wetgewing effektiewer afdwinging van
onderhoudsbevele te bewerkstellig. Op 1 Maart 1992 het die wetgewer hier te lande 'n aantal
nuwe maatreels vir hierdie doel beliggaam in die Wysigingswet op Onderhoud, 2 van 1991, wat
op genoemde datum in werking getree het.
'n Ondersoek is gedoen by die Johannesburgse Landdroshof waar 'n studie gemaak is van 2,248
afgehandelde sake en strek oor die periode 1Maart 1992 tot 31Augustus1995. Die ondersoek
bring aan die lig dat die bepalings van genoemde Wysigingswet op Onderhoud, wat gerig is op
effektiewer afdwinging van onderhoudsbevele, nie 'n noemenswaardige verbetering in effektiewer
afdwinging van hierdie bevele in die praktyk tot gevolg gehad het nie. Dit blyk dat die meeste
howe geneig is om belangrike afdwingingsmeganismes soos besoldigingsbeslag bevele en lasbriewe
vir eksekusie oor die hoof sien.
Kritiek word uitgespreek op sommige van hierdie bepalings en voorstelle word gemaak hoe
relatiewe geringe wysigings daaraan effektiewer afdwinging van onderhoudsbevele kan
bewerkstellig.
Daar word kortliks verwys na die afdwinging van onderhoudsbevele in antler regstelsels en hoe hulle poog om effektiewer afdwinging van onderhoudsbevele te bewerkstellig. / The ineffective enforcement of maintenance orders appears to be a world wide phenomenon.
Legislators here and aboard are always attempting to improve the effectiveness of maintenance
collection and enforcement methods.
Research done at the Johannesburg Magistrate's Court involving 2,248 cases covering the period
1 March 1992 to 31 August 1995 reveals that the Maintenance Amendment Act, 2 of 1991, which
is aimed at improving the enforcement of maintenance orders had a negligible effect on
enforcement mechanisms used by the courts. It appears that most courts are inclined to overlook
important collection methods such as garnishee and attachment orders.
Criticism is levelled at certain provisions contained in the Maintenance Act, 23 of 1963, as
amended. Suggestions are made how relatively simple amendments would contribute to more
effective enforcement of maintenance orders.
A brief survey is made of attempts by some Western countries to improve the manner of maintenance collection. / Private Law / LL. M. (Law)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17235
Date01 1900
CreatorsLotriet, Helen Mary
ContributorsVan Aswegen, Annél
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (iii, 45 leaves)

Page generated in 0.0017 seconds