Return to search

Funksionering van 'n missionêre geloofsgemeenskap / Operation of a life-transforming congregation

Summaries in English and Afrikaans / Text in Afrikaans / Die kerk maak nie meer 'n impak op die samelewing van ons tyd nie. Beide statistiek en die landsomstandighede bewys onteenseglik hierdie stelling. Die situasie in Suid-Afrika is so benard dat die kerk nie onbetrokke kan bly nie. Die kerk is egter self kragteloos en kwynend.
Die rede waarom die kerk nie 'n impak maak op mense nie, is <lat die kerk sy roeping verloor het. 'n Kerk wat sy roeping verloor het, het ook sy identiteit verloor. Die roeping van die kerk word bespreek aan die hand van die Matteus-evangelie. Gehoorsaarnheid t.o.v. haar roeping vra dat die kerk 'n manier vind om gesekulariseerde mense te
evangeliseer en assimileer.
'n Historiese blik op die kerk wys uit dat ons tans op die drumpel van die grootste transformasie staan wat die kerk die afgelope 1600 jaar beleef het. Ons geslag is geroep om die kerk van die volgende paradigma gestalte te laat kry.
Aan die hand van die sosioloog, Parsons, word uitgewys dat die huidige struktuur van die kerk waardevorming teewerk. 'n Meer effektiewe inrigting word deur die teorie uitgewys.
Die identiteit van die kerk en verhoudinge in die kerk meet baie ernstiger opgeneem word. Die tyd van die kerk as instituut is verby.
Die kerk sal maksimum impak op mense buite die kerk he wanneer die kerugma, leiturgia, koinonia en diakonia gebalanseerd funksioneer.
Drie prosesse moet op die missionere front van die geloofsgemeenskap in sinvolle samehang funksioneer ten einde gesekulariseerde mense te bereik. Dit is diens aan die gemeenskap, 'n dialoog-geleentheid, en 'n duidelik omlynde proses waardeur gewillige buitestaanders deel word van die huisgesin van die geloof en Koninkrykswaardes gevestig word.
Die sentrale stelling van hierdie studie is dat 'n geloofsgemeenskap wat gesond en
gebalanseerd funksioneer 'n positiewe transformerende invloed op mense uitoefen, wat
ook na hulle waardes deurwerk. / The Church no longer has any significant impact on society. An analysis of the Church
morally and statistically confirms this. The situation in South Africa is so critical, that the
Church cannot afford to remain detached and uninvolved.
An explanation for this lack of impact, is that the Church has lost its identity. Its loss of a
sense of call and purpose is argued from the Gospel of Matthew.
In order to rediscover its call, the Church must find a way to evangelise and assimilate
secular people.
A historical analysis reveals that the Church is on the brink of the greatest transformation
in 1600 years. Our generation is called upon to shape the new Church paradigm.
The present structure of the institutional Church nullifies the attempt to instil its moral
values. Parson's sociological theory confirms this and proposes a more effective
paradigm, where the identity of the Church and the importance of relationships are
underscored.
It is only when the Church balances kerugma, leiturgia, koinonia and diakonia that she
effectively impacts on secular men and women.
Three processes need to be held in tension in this evangelical endeavour of the faith
community. These include ministry to the commtinity; an interactional dialogue; and a
process of assimilation and value formation, culminating in a sense of belonging to the
household of faith.
The central thesis holds that a balanced and healthy community of faith, effects a positive
transforming influence and leads to a change of values. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / D.Th. (Practical Theology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17006
Date05 1900
CreatorsJansen van Vuuren, Dawid Schalk
ContributorsPieterse, H. J. C.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
FormatPractical.";"Church growth.";"Missions.", 1 online resource (206 leaves)

Page generated in 0.0026 seconds