Return to search

'n Maatskaplikewerk–ondersoek na die noodsaaklikheid van 'n bewusmakingsprogram vir adolessente rakende seksuele misbruik / Meyer, M.

Adolessente loop In hoe risiko om slagoffers van seksuele misbruik te word.
Seksuele misbruik het In merkwaardige impak op adolessente. Tesame met die
hoe eise wat die stormagtige adolessensieperiode aan In persoon stel is vroee
intervensie veral noodsaaklik. Dit word geredelik aanvaar dat vroee intervensie
ernstige versteurings in volwassensheid mag verhoed. Adolessente kom egter
oor die algemeen nie vanself na vore vir die nodige hulpverlening nie.
Die doel van die ondersoek was om ondersoek in te stel na die noodsaaklikheid
van In bewusmakingsprogram vir adolessente rakende seksuele misbruik. Die
doel was verder om aanbevelings aan die hand te doen vir die ontwerp van In
effektiewe bewusmakingsprogram.
Die navorsing het In gekombineerde kwantitatiewe en kwalitatiewe benadering
gevolg. 214 adolessente en 10 onderwysers van twee hoerskole is by die
ondersoek betrek. Albei groepe deelnemers het vraelyste voltooi. Adolessente
het kwantitatiewe vraelyste voltooi terwyl onderwysers In kwalitatiewe skedule
voltooi het. Uit laasgenoemde is verskeie temas ge'identifiseer en bespreek. Die
studie was verkennend sowel as beskrywend van aard.
Dit is vanuit die bevindings duidelik dat daar die noodsaaklikheid bestaan van In
bewusmakingsprogram aan adolessente rakende seksuele misbruik.
Aanbevelings rakende die inhoud en ontwerp van so In program is vanuit die
studie gedoen. / Thesis (M.A. (MW))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2011.

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/6993
Date January 2011
CreatorsMeyer, Melanie
PublisherNorth-West University
Source SetsNorth-West University
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0303 seconds