Return to search

Identifisering van risikofaktore van seksuele misbruik binne hersaamgestelde gesinne / Lisl Roodt

Seksuele misbruik blyk ʼn toenemende probleem te wees binne die gemeenskap.
Met komplekse samestelling van hersaamgestelde gesinne kom seksuele
misbruik binne hierdie gesinne toenemend voor.
Die doel van die studie is om risikofaktore in hersaamgestelde gesinne te
identifiseer sodat maatskaplike werkers ouers kan bemagtig om seksuele
misbruik binne hersaamgestelde gesinne te voorkom.
Daar is van ʼn doelgerigte steekproef gebruik gemaak waar semi-gestruktureerde
onderhoude met ses deelnemers gevoer is om data te bekom.
Daar is bevind dat die risiko‟s vir seksuele misbruik in hersaamgestelde gesinne
kompleks en multidimensioneel van aard is. Die risiko‟s wat duidelik na vore gekom
het, was gesinsamestelling, interpersoonlike verhoudings, sosio-ekonomiese
omstandighede, moeder se eie seksuele misbruik as kind asook maatskaplike
wanfunksionering. / MSW (Forensic Practice), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/15529
Date January 2014
CreatorsRoodt, Lisl
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0023 seconds