Return to search

Wartime propaganda in the Union of South Africa, 1939 - 1945

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: After the First World War (1914-1918) – the first “total war” in modern history, where whole
populations, not just military forces, became participants in the war effort, the potential
power of propaganda was realised, through the exploitation of mass communication media to
manipulate public opinion. Alongside politico-diplomatic, economic and military
manoeuvres, governments needed to mobilise the minds of their population to secure support,
to mobilise them behind the war policy and to avoid discontent and dissension. This was
particularly crucial to South Africa during the Second World War (1939-1945), especially as
the country was threatened by deeply ingrained political tensions and internal divisions. The
wartime Union, under General Jan Smuts, experienced an escalation of political extremism
and militancy from radical sections of white Afrikaner nationalists who opposed the
government’s war policy. Furthermore, some elements within even the Union Defence Force
(UDF) displayed disloyal tendencies which threatened the morale of the armed forces. Thus,
in response, the government waged a massive propaganda campaign during the war aimed at
stimulating recruitment, at preserving national morale, at combating anti-war resistance and
at minimising disruptions to the implementation of its war policy. To this end, the authorities exploited information avenues such as radio broadcasts, the press,
films, mobile recruiting tours and military demonstrations for publicity and propaganda
purposes. As propaganda delivery channels, radio, the press and films were potentially
powerful. However, the strategy pursued by the authorities failed to maximise their full
impact. The government also did not enjoy a media monopoly for the conduct of its war
propaganda. The SABC continued operating independently and its airtime was not handed
over to the authorities. Similarly, while the government relied on the support of sympathetic
newspaper editors for its propaganda campaign, newspapers themselves sometimes ignored
censorship regulations and published material which was unhelpful to the national war effort.
Meanwhile, the opposition press also contested the propaganda terrain by waging anti-war
campaigns. Films were the weakest link due to limited government control, production
obstacles and an English language dominance which alienated the majority of white
Afrikaans speakers. Another problem was persistent rivalry among various official and semiofficial
propaganda agencies and a lack of clarity over a common propaganda policy. When it came to recruitment, government propaganda achieved particularly limited success.
Despite patriotic appeals for volunteer enlistment, the shortage of manpower remained a
persistent problem throughout the war. Alongside this, social and economic problems such as
food and housing shortages also had a negative impact on public morale. The positive reach
of propaganda efforts within the military, especially education, information and social
welfare services, was also limited in that they were unable to dispel dissatisfaction resulting
from poor service conditions, military policies, and the growing influence of war weariness.
Towards the end of hostilities, there was a perceptible decline in troop discipline and morale.
In general, therefore, the Union government’s overall war publicity and propaganda effort
failed to produce a solid sense of national war cohesion or war unity. Although the country
remained stable and was able to sustain war participation, it could not be said that South
Africa’s leadership was able to persuade inhabitants – whether white or black - to participate
in the Second World War as a war to be embraced as a people’s war. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918), die eerste “totale oorlog” in kontemporêre geskiedenis
waartydens nie net militêre magte nie, maar hele gemeenskappe by die oorlogspoging betrek
is, het die potensiaal van propaganda om die openbare mening met behulp van die
massamedia te manipuleer, tuisgebring. Naas polities-diplomatiese, ekonomiese en militêre
maneuvrering, moes regerings ook die gesindheid van die bevolking beïnvloed om hulle agter
die oorlogspoging te skaar en twis en tweedrag te vermy. Gesindheidsbeïnvloeding was vir
die Unieregering van kardinale belang gedurende die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945),
aangesien Suid-Afrika onder diepgaande politieke verdeeldheid en interne spanning oor die
oorlogskwessie gebuk gegaan het. Die Smuts-bewind het hewige politieke druk en militante
weerstand ervaar van Afrikanernasionaliste wat teen die regering se oorlogsbeleid gekant
was. Ontevrede elemente in die Unieverdedigingsmag (UVM) het insgelyks dislojale
neigings openbaar, wat die moraal van die gewapende magte ondermyn het. Die regering het
gevolglik gedurende die oorlog ’n omvattende propagandaveldtog van stapel gestuur om
weerstand teen sy oorlogspoging te beveg, ontwrigting in die implementering van die
oorlogsbeleid tot ’n minimum te beperk, die werwing van soldate te bevorder en die
nasionale moraal hoog te hou. Die Smuts-regering het ’n verskeidenheid van instrumente, waaronder radio-uitsendings, die
gedrukte media, rolprente, mobiele werwingsveldtogte en miltêre demonstrasies, vir hul
reklame- en propagandaveldtogte ingespan. Die regering se propagandastrategieë het egter
nie dié kragtige instrumente optimaal uitgebuit om maksimum trefkrag te verseker nie.
Daarby het die regering ook nie ’n monopolie oor alle mediaplatvorms vir geniet om hul
propagandaveldtogte te bedryf nie. Die SAUK het onafhanklik gefunksioneer en min lugtyd
aan die regering afgestaan om radio-uitsendings vir publisiteit en propagande te benut. Die
regering het voorts sterk op koerantredakteurs gesteun om hul propagandaveldtog te
bevorder, maar redakteurs het soms sensuurregulasies geïgnoreer en artikels geplaas wat
regeringsbeleid ondermyn het. Die opposisiepers het uiteraard ook die regeringspropaganda
met anti-oorlogpropaganda beveg. Rolprente was die swakste skakel in die regering se
reklame- en propagandastelsels vanweë hul swak beheer daaroor, ’n gebrek aan tegniese
vaardigheid, die hoë koste van rolprentproduksies, asook die oorheersing van die bedryf deur
die Engelse taal, wat die meerderheid Afrikaanssprekendes die harnas ingejaag het. ’n Verdere probleem was die voortdurende wedywering tussen die verskillende amptelike en
halfamptelike propaganda-agentskappe. Dit was veral die gebrek aan ’n duidelike
propaganda-beleid wat tot oorvleueling en mededinging gelei het.
Wat werwingspropaganda betref, het die regering beperkte sukses behaal. Naas ’n beroep op
pligsbesef, eer en glorie, het die regering oor geen hefkrag beskik om werwing te bevorder
nie. ’n Gebrek aan mannekrag het derhalwe die UVM dwarsdeur die oorlog gekortwiek in
weerwil van die regering se omvattende reklame- en propagandaprogramme. Teen 1945 het
slegs sowat 330 000 uit die Unie se bevolking van nagenoeg tien miljoen vir vrywillige
krygsdiens aangemeld. Sosio-ekonomiese uitdagings soos ’n gebrek aan voedselvoorrade en
behuising het ook negatief op die openbare en burgerlike moraal ingewerk. Interne
propaganda in die UVM, veral deur middel van die opvoedings-, informasie- en
welsynsdienste, het ook beperkte sukses behaal as gevolg van ontevredenheid met militêre
beleid, swak diensvoorwaardes en oorlogsmoegheid. Dié ontevredenheid het moraal en
dissipline ondermyn en teen die einde van die oorlog tot uitdagende gedrag en oproer onder
die troepe gelei.
Oor die algemeen genome, was die Unie-regering se totale reklame- en propagandapoging
dus oneffektief. Alhoewel die hele die stelsel nie in duie gestort het nie en Unie se
oorlogspoging sonder groot ontwrigting voortgegaan het, het oorlogsmoegheid, oneffektiewe
beleide en die invloed van sosio-ekonomiese probleme uiteindelik tot openbare en militêre
ontnugtering gelei.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/86202
Date04 1900
CreatorsMonama, Fankie Lucas
ContributorsNasson, William Richard, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of History.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format337 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds