Return to search

Vrouemisdadiger : 'n ondersoek na die persepsies van 'n groep inwoners van Pretoria

Text in Afrikaans / Vrouemisdaad is 'n komplekse sosiale verskynsel. 'n Aspek
van vrouemisdaad wat in die onderhawige proef skrif ondersoek
word, is om aan die hand van bestaande teoriee te probeer
verklaar waarom vroue soveel minder misdaad as mans pleeg.
Ten einde antwoorde op die vraag te vind, is 'n kwantitatiewe
ondersoek na die gemeenskap se houding rakende die
vrouemisdadiger en 'n kwalitatiewe ontleding van die
beskikbare literatuur gedoen.
'n Intensiewe verkennende studie van die beskikbare
literatuur het getoon dat die gemeenskap, navorsers en
akademici bepaalde persepsies huldig oor die vrouemisdadiger
wat nie altyd met die werklike beeld strook nie. Alhoewel
die getalle van vrouemisdadigers deur die jare toegeneem
het, het die tipe misdade wat vroue pleeg weinig verander en
die omvang van vrouemisdaad proporsioneel tot die bevolking
dieselfde gebly. Geen enkele teorie of benadering op
sigself bied 'n algemene verklaring vir die verskynsel van
vrouemisdaad nie; dit kan hoogstens as gedeeltelike
verklaring dien. 'n Algemene verklaringsmodel vir vrouemisdaad
is egter opgestel wat terselfdertyd as samevatting
van die geselekteerde teoriee dien.
Met behulp van die argivale metode is 'n profiel van die
gekommitteerde vrouemisdadiger saamgestel om 'n basiese
kennissisteem van die vrouemisdadiger daar te stel.
Statisties beduidende verbande is gevind tussen die
karakteristieke van die blanke gekommitteerde
vrouemisdadiger se huwelikstaat, aantal kinders en bedrog.
Die kwantitatiewe ondersoek bestaan uit die ontleding van
516 respondente se persepsies oor die vrouemisdadiger. Uit
die resultate van verskeie statistiese tegnieke blyk dit dat
die ondersoekgroep, wat blanke respondente van vier voorstede
uit struktuurstreekplansel 22 van Pretoria verteenwoordig,
bepaalde persepsies en opvattings aangaande die
vrouemisdadiger het. Die persepsiemeting het aan die lig
gebring dat daar verskille in persepsies bestaan oor die
vrouemisdadiger en vrouemisdaad in die blanke gemeenskap
bestaan. Hierdie persepsies stem nie ooreen met die beeld
wat blyk uit die onderhawige navorsing nie. Statisties
beduidende verskille in persepsies tussen manlike en
vroulike respondente van die ondersoekgroep is ook gevind.
Daar bestaan verder statisties beduidende verskille tussen
respondente van verskillende voorstede, onderwyspeile,
taalgroepe, en ouderdomsgroepe. / It can be said that female crime is a complex phenomenon.
An aspect of female crime that is investigated in this
thesis is to explain, with reference to existing theories,
why women commit fewer crimes than men. In an attempt to
answer this question, a quantitative investigation regarding
the attitude of society towards the female criminal as well
as a qualitative study of the available literature, was
conducted.
An intensive exploratory study
on female crime indicated that
and academics have a certain
of the available
the community,
perception of
literature
researchers
the female
criminal which does not always correspond with the facts.
Although the number of female criminals has increased
through the years the extent of female crime, proportionally
to the population size, has remained constant, and the type
of crime committed by women has remained relatively
unchanged. It seems clear that no single theory or approach
can explain female crime, it can at best give a partial
explanation. An integrated explanation model for female
crime has been compiled which simultaneously serves as a
summary of selected theories.
By means of the archival research method a profile of the
female prisoner was compiled, to be used as a basis for the
researcher's scientific knowledge of this phenomenon.
Statistically significant relations were found to exist
between the characteristics of the white female prisoner's
marital status, number of children and fraud.
The quantitative investigation consisted of an analysis of
the responses of 516 respondents on an attitude scale. The
results of various statistical techniques show that the
research group, which represents respondents fr6m four
suburbs from structure plan cell 22 of Pretoria, reveals
certain attitudes and beliefs about the female criminal.
This attitude measurement indicated that differences in
perceptions regarding the female
in the white community do
criminal and female
exist. Furthermore
crime
these
perceptions do not correlate
on the female criminal in
with the information gathered
this research. Statistically
significant differences in attitude were found between male
and female respondents, respondents from the different
suburbs, with different qualifications, of different
language groups, and of different age groups. / Sociology / D. Lit. et Phil. (Kriminologie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17541
Date06 1900
CreatorsMunnik, Engela Elizabeth
ContributorsNaudé, C. M. B. (Catharina Magrieta Beatrix), 1938-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xiv, 291 leaves)

Page generated in 0.0022 seconds