Text in Afrikaans / Egskeidings en daaropvolgende hersaamgestelde gesinne neem toe.
Die literatuur sowel as praktykervaring van die navorser het bewys
dat die aanpassing in 'n hersaamgestelde gesin veral vir die
adolessent traumaties is.
Uit 'n literatuurstudie is bepaal watter probleme/behoeftes
adolessente in hersaamgestelde gesinne ervaar. Die nominale
groepstegniek is gebruik ten einde probleme/behoeftes te verfyn.
Dit het uitgewys dat probleme in hersaamgestelde gesinne
voortspruitend is uit kommunikasieprobleme. Die groepwerkproram
met stiefadolessente is dus daarvolgen opgestel.
Psigodrama word beskou as die mees ideale benadering in groepwerk
met adolessente. Twee meetskale is gebruik, te wete 'n
kommunikasievraelys en die Hudson-indeks wat gewysig is vanaf ouerlike verhoudings na stiefouerlike verhoudings.
'n Voorondersoek groep is met vyf stiefadolessente oor vyf
byeenkomste en 'n eksperimentele groep met tien stiefadolessente
oor tien byeenkomste aangebied. Voor- en nameting is gedoen. Op
beide meetskale is groei in vaardighede gemeet en is die navorser
se doelstelling bereik / Divorces and remarriages are increasing. The literature study and
practical experience of the researcher, has shown that the
adaption to remarriage is the most traumatic for adolescents.
A literature study was done to determine the problems/needs of
adolescents in remarried families. The nominal group technique
was then used to refine the problems/needs. The results showed
clearly that problems in remarried families are a result of
communication problems. The group work programme with
stepadolescents was therefore composed.
Psychodrama is the most ideal method in working with adolescents.
Two measuring instruments were used, namely the communication
questionnaire and the Hudson-index which was modified from parentchild
relationships to step-parental relationships. A pilot study group with five step-adolescents over five meetings
and an experimental group was then held with ten step-adolescents
over a period of ten meetings were held. Measurement was done
before and after the group meetings. Both measuring instruments
recorded growth in skills and the researcher's objective was
reached / Social Work / M.A. (Sosiale Wetenskappe)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17255 |
Date | 11 1900 |
Creators | Ludeke, Anet |
Contributors | Du Toit, A. S., Collins, K. J. (Kenneth John), 1929- |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xvi, 192 leaves) |
Page generated in 0.0025 seconds