• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Onderwyseresse se verwagtinge van tweede of addisionele taal graad R-leerders se kommunikasievaardighede in 'n bepaalde geografiese area van Bloemfontein (Afrikaans)

Harmse, Ottilie Henriette 16 April 2007 (has links)
Abstract in Afrikaans Onderwyseresse is dikwels onseker oor die wyse waarop hulle tweede of addisionele taal graad R-leerders behoort te onderrig. Gevolglik stel hulle dieselfde kommunikasie-eise en op dieselfde wyse aan tweede taal leerders as aan moedertaalleerders. `n Groot aantal Suid-Afrikaanse graad R-leerders se basiese interaktiewe taalvaardighede in Engels as onderrigtaal, is dikwels nie op peil aan die einde van graad R nie, omdat hulle nie Engels magtig is by toetrede tot graad R nie. Gevolglik kan hierdie leerders se kognitiewe akademiese taalvaardighede nie toereikend ontwikkel in Engels nie en beskik hulle nie aan die einde van graad R oor doeltreffende kommunikasievaardighede vir skool-gereedheid nie. Vir die doel van hierdie studie is daar spesifiek gefokus op graad R-onderwyseresse asook op leerders se kommunikasievaardighede vir skoolgereedheid. `n Transformerend-opeenvolgende ontwerp bestaande uit `n gemengde metodiek van kwalitatiewe en kwantitatiewe benaderings in drie fases is vir die uitvoer van die studie geselekteer. Fase een het bestaan uit `n literatuurstudie, vir fase twee is graad R-onderwyseresse as deelnemers geselekteer en by fase drie is data van fases een en twee met mekaar vergelyk. Data-insameling het deur middel van vraelyste, `n onderhoudskedule vir semi-gestruktureerde onderhoude, en `n skedule vir die fokusgroepbespreking geskied. `n Omvattende ontwikkelingsgebaseerde lys voorvereistes van kommunikasievaardighede (die lys), is in die literatuur vir spraak-taalpatologie geïdentifiseer asook kommunikasievaardighede wat deur die amptelike graad R-kurrikulum geïmpliseer word. Resultate van fase twee het getoon dat graad R-onderwyseresse nie al die kommunikasievaardighede van graad R-leerders in ooreenstemming met die lys vereis het nie. Volgens fase drie se bevindinge het die onderwyseresse meer kommunikasievaardighede van leerders verwag as wat deur die graad R-kurrikulum geïmpliseer word. Die kliniese waarde van die studie is geleë in die feit dat riglyne verskaf word vir interaksie tussen graad R-onderwysers en leerders vir die fasilitering van taalontwikkeling by die leerders. Die navorsingsbevindinge beaam vorige bevindinge dat graad R-onderwysers kan baat by addisionele opleiding oor spraak-taalontwikkeling en kommunikasievaardighede vir skoolgereedheid. Hierdie addisionele opleiding kan gesamentlik volgens die model van samewerkende dienslewering deur die onderwysers en die spraak-taalterapeut beplan word. Die navorsingsresultate kan aangewend word as uitgangspunt vir toekomstige navorsing oor die problematiek wat deur hierdie navorsing geïdentifiseer is. Op grond van die gevolgtrekkings is kliniese implikasies en aanbevelings vir toekomstige navorsing geïdentifiseer. Die data wat tydens die navorsing ingesamel is, word as betekenisvol beskou vir die ontwikkeling van `n aanvullende program vir onderwysers om jong kinders se taalontwikkeling te fasiliteer. / Dissertation (Master of Communication Pathology)--University of Pretoria, 2007. / Speech-Language Pathology and Audiology / unrestricted
2

Die benutting van psigodrama in maatskaplike groepwerk met adolessente in die hersaamgestelde gesin

Ludeke, Anet 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Egskeidings en daaropvolgende hersaamgestelde gesinne neem toe. Die literatuur sowel as praktykervaring van die navorser het bewys dat die aanpassing in 'n hersaamgestelde gesin veral vir die adolessent traumaties is. Uit 'n literatuurstudie is bepaal watter probleme/behoeftes adolessente in hersaamgestelde gesinne ervaar. Die nominale groepstegniek is gebruik ten einde probleme/behoeftes te verfyn. Dit het uitgewys dat probleme in hersaamgestelde gesinne voortspruitend is uit kommunikasieprobleme. Die groepwerkproram met stiefadolessente is dus daarvolgen opgestel. Psigodrama word beskou as die mees ideale benadering in groepwerk met adolessente. Twee meetskale is gebruik, te wete 'n kommunikasievraelys en die Hudson-indeks wat gewysig is vanaf ouerlike verhoudings na stiefouerlike verhoudings. 'n Voorondersoek groep is met vyf stiefadolessente oor vyf byeenkomste en 'n eksperimentele groep met tien stiefadolessente oor tien byeenkomste aangebied. Voor- en nameting is gedoen. Op beide meetskale is groei in vaardighede gemeet en is die navorser se doelstelling bereik / Divorces and remarriages are increasing. The literature study and practical experience of the researcher, has shown that the adaption to remarriage is the most traumatic for adolescents. A literature study was done to determine the problems/needs of adolescents in remarried families. The nominal group technique was then used to refine the problems/needs. The results showed clearly that problems in remarried families are a result of communication problems. The group work programme with stepadolescents was therefore composed. Psychodrama is the most ideal method in working with adolescents. Two measuring instruments were used, namely the communication questionnaire and the Hudson-index which was modified from parentchild relationships to step-parental relationships. A pilot study group with five step-adolescents over five meetings and an experimental group was then held with ten step-adolescents over a period of ten meetings were held. Measurement was done before and after the group meetings. Both measuring instruments recorded growth in skills and the researcher's objective was reached / Social Work / M.A. (Sosiale Wetenskappe)
3

Page generated in 0.0482 seconds