Return to search

Tussen tale : oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se bundel Oorblyfsel/ Voice Over

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the translation strategy oortekening (Afrikaans for “resigning” or
“redrawing”) as it is found in the bilingual context of Breytenbach’s volume of poems
Oorblyfsel/ Voice Over (2009). The term oortekening (retracing), coined by Odendaal
(2011), refers to corresponding parts of the Afrikaans and English versions in the volume
which differs semantically but which are alike phonologically and orthographically.
The argument is made that, in the context of the bilingual layout of the volume, the
translation strategy oortekening invites bilingual readers to take part in an interpretative
game as they read the two versions side-by-side. It is further argued that currently there are
not adequate theories in translation studies to describe and understand this interpretative
play. This study therefore uses theories from outside translation studies to describe the
translation phenomenon in this volume and in this way provide a theoretical framework in
which the unusual nature of the translation of the volume can be understood.
Chapter one, an introduction, is followed by Chapter two which gives an overview of the
main approaches in translation theory, describing how the problem statement would be
described and understood by each. The linguistic approaches which are covered includes
structural linguistics, text and sociolinguistics and functionalism. The literary approaches
include descriptive translation studies and more ideologically orientated approaches.
Enquiry is made into which aspects of each approach are useful to explain the volume and
which are not. Chapter three applies three concepts from outside translation studies to
oortekening in the context of the bilingual layout of the volume: Pratt’s contact zone
(1987, 1991, 1992, 1996), Bhabha’s in-between (1993) and Lecercle’s remainder (1990).
These concepts are used to analyse examples of oortekening from the volume.
In the last chapter the findings of the study are discussed. The relationship between the two
languages in the volume is compared to the historical and current relationship between
Afrikaans and English. The chapter ends with a discussion of the variety of possible further
studies based on this volume and this study. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die vertaalstrategie oortekening soos wat dit in die tweetalige
konteks van Breytenbach se bundel Oorblyfsel/ Voice Over (2009) voorkom. Die term
oortekening is aan Pieter Odendaal (2011) ontleen en verwys na ooreenkomstige dele van
die Afrikaanse en Engelse weergawes in die bundel wat semanties verskil maar fonologies
en ortografies ooreenkom. Daar word geargumenteer dat die vertaalstrategie oortekening in
die konteks van die tweetalige uitleg van die bundel tweetalige lesers nooi om aan ’n
interpretatiewe spel deel te neem soos wat hulle die twee weergawes saam lees. Daar word
verder geargumenteer dat daar tans in die vertaalkunde nie gepaste teorieë is om die
interpretatiewe spel te beskryf en te begryp nie. Die studie gebruik dus teorieë van buite
die vertaalkunde om die vertaalverskynsel in hierdie bundel te beskryf en om so ’n
teoretiese raamwerk voor te stel waarbinne die ongewone aard van die bundel se
vertaalaspek begryp kan word.
Die inleidende hoofstuk word gevolg deur hoofstuk twee wat ’n oorsig gee van die
vernaamste vertaalteoretiese benaderings en hoe die probleemstelling volgens elk van die
benaderings beskryf en verstaan word: die linguistiese benaderings, vanaf die strukturele
linguistiek, teks- en sosiolinguistiek na die funksionalisme; en die literêre benaderings, wat
deskriptiewe vertaalstudies en meer ideologies gefundeerde benaderings insluit. Daar word
ondersoek ingestel na watter aspekte van elk van die benaderings nuttig is om die bundel te
beskryf en watter tekortkominge elke benadering bied. Hoofstuk drie maak drie konsepte
van buite die vertaalkunde van toepassing op oortekening in die konteks van die tweetalige
uitleg van die bundel: Pratt (1987, 1991, 1992, 1996) se contact zone as die kontaksone,
Bhabha (1993) se in-between as die (in)tussen(in) en Lecercle (1990) se remainder as die
oorblyfsel. Hierdie konsepte word gebruik om voorbeelde van oortekening uit die bundel te
analiseer.
In die laaste hoofstuk word die bevindinge van die studie bespreek. Die verhouding tussen
die twee tale in die bundel word vergelyk met die historiese en huidige verhouding tussen
Afrikaans en Engels. Daar word laastens gewys op ’n verskeidenheid verdere
navorsingsmoontlikhede wat hierdie bundel en hierdie studie bied.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/71886
Date12 1900
CreatorsKirsten, Elzet
ContributorsFeinauer, A. E., Viljoen, L., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format175 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0022 seconds