Thesis (MA)-- Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Comparative studies investigating predictors of political participation in new democracies are
rare. This study addresses an identified gap in the literature on predictors of political
participation in new democracies in order to build on the rich body of literature concerned with
political participation and democratic consolidation which already exists, but also to contribute
towards understanding the role of citizens and their decisions pertaining to political participation
in new democracies.
In order to address the identified gap, this cross-national comparative study uses World Values
Survey (2006) data for Chile, Poland, South Africa, and South Korea as part of a cross-sectional
secondary analysis aimed at ascertaining what predictors of political participation can be
identified for these new democracies.
Drawing primarily from studies by Shin (1999) and Dalton (2008) which used the Civic
Voluntarism Model by Verba, Schlozman and Brady (1995) as theoretical framework, predictors
of political participation considered in this study include: personal resources (level of education
and self-reported social class), political engagement and motivation (political interest and leftright
political ideology), group membership and networks, as well as demographic attributes
(age, gender and size of town). Forms of political participation investigated include: voting as
conventional form of participation; and boycotts, petitions and demonstrations as forms of
political protest behaviour. The relationships between the possible predictors of participation and
forms of political participation were determined by multiple regression analysis.
The main findings by this study are that political interest is an important predictor of voting and
political protest behaviour; age is a strong predictor of voting; and group membership has a
greater impact on political protest behaviour than on voting. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Vergelykende studies wat ondersoek instel na voorspellende faktore van deelname aan politieke
aktiwiteite in jong demokrasieë, is skaars. Deur indikatore van politieke deelname in nuwe
demokrasieë na te vors, spreek hierdie studie dus die geïdentifiseerde gaping in die literatuur aan
en brei dit uit op die korpus tekste aangaande politieke deelname en demokratiese konsolidasie.
Verder bevorder dit ook ’n beter begrip van landsburgers en hul besluite rakende politieke
deelname in jong demokrasieë.
Ten einde die aangeduide literatuurgaping te oorbrug, steun hierdie verglykende studie op data
van die “World Values Survey” (2006) vir Chili, Pole, Suid-Afrika en Suid-Korea. Dit vorm deel
van ’n sekondêre analise om individuele eienskappe as voorspellers van deelname aan politieke
aktiwiteite in nuwe demokrasieë, te identifiseer.
Studies deur Shin (1999) en Dalton (2008), wat gebruik maak van Verba, Schlozman en Brady
(1995) se “Civic Voluntarism Model”, dien as primêre teoretiese begronding. Daaruit word
afgelei dat moontlike voorspellers van deelname aan politieke aktiwiteite gelys kan word as:
persoonlike hulpbronne (vlak van opvoeding en self-geidentifiseerde sosiale klas); politieke
betrokkenheid en motivering (belangstelling in politiek en politieke ideologie); groeplidmaatskap
en –netwerke asook demografiese eienskappe (ouderdom, geslag en grootte van dorp). Die
vorme van politieke aktiwiteite waaraan daar aandag gegee word, is eerstens stemgedrag tydens
nasionale verkiesings as konvensionele vorm van politieke deelname en tweedens biokotte,
petisies en demonstrasies as vorme van politieke protesgedrag.
Die hoof bevindinge van hierdie studie is dat politieke belangstelling ‘n belangrike voorspeller is
vir stemgedrag en politieke protesgedrag; ouderdom is ‘n sterk voorspeller vir deelname aan
verkiesings en groeplidmaatskap het ‘n groter invloed op politieke protesgedrag as op die keuse om te stem. / Mandela Rhodes Foundation
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/85612 |
Date | 12 1900 |
Creators | Potgieter, Elnari |
Contributors | Du Toit, P. V. D. P., Steenekamp, C. L., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Political Science. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | viii, 127 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0024 seconds