Return to search

Tienermeisies se betrokkenheid by dwelmmisbruik : 'n gender perspektief

Thesis (MEdPsych (Educational Psychology))--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Kaapse Vlakte, die konteks vir die studie, word onder andere gekenmerk deur sy lae
sosio-ekonomiese status, hoë werkloosheid, bende-aktiwiteite, gesinsgeweld, gebroke
gesinstrukture en dwelmafhanklikheid. Tienerdogters wat in gemeenskappe op die Kaapse
Vlakte opgroei, word daagliks aan hierdie hindernisse blootgestel, wat hulle meer vatbaar
maak vir die misbruik van dwelmmiddels.
Die doel van die studie was om tienermeisies in ’n benadeelde gemeenskap wat
dwelmmiddels gebruik, se perspektiewe met betrekking tot dwelmmisbruik te ondersoek. Die
studie het ’n genderperspektief aangeneem, met ander woorde dit het vroue as subjekte
sentraal geplaas en hulle probleem met dwelmmisbruik ondersoek. Min navorsing oor
dwelmmisbruik fokus op vroue, ten spyte van ’n veronderstelling dat misbruik onder vroue
ernstige gevolge vir die samelewing inhou. Aangesien ek gepoog het om hierdie
tienermeisies se behoeftes aan ondersteuning en moontlike maniere waarop hierdie
behoeftes aangespreek kan word, te verstaan en te beskryf, het ek van ’n kwalitatiewe
navorsingsontwerp gebruik gemaak en die studie vanuit ’n interprevistiese paradigma
benader. Data is met behulp van onderhoude, persoonlike refleksies en observasies bekom.
Die navorsingsbevindinge het getoon dat die tienerdogters se huislike omstandighede deur
enkelouerskap en afwesige vaderskap vererger word, dat daar ’n gebrek aan kommunikasie
tuis is en dat hulle behoeftes aan liefde en emosionele sekuriteit uitspreek. Die tienerdogters
voer aan dat hulle dwelms gebruik om van hul probleme tuis te ontvlug. In hierdie studie oor
tienerdogters se redes vir en perspektiewe ten opsigte van dwelmmisbruik, toon data dat
hulle duidelike behoeftes aan ondersteuning het - tuis sowel as in die samelewing waarin
hulle leef. / ENGLISH ABSTRACT: The Cape Flats is characterized by low socio-economic status, high unemployment, gang
activities, crime, domestic violence, broken family structures and drug dependency. As a
teenage girl, living in communities on the Cape Flats, there is often the possibility of being
vulnerable to the misuse of drugs.
The aim of this study was to investigate the perceptions of teenage girls using drugs in a
disadvantaged community. The study adopted a gendered perspective that places women as
subjects central to the problem of drug abuse. Little research focuses on women using drugs
despite the consequences it poses for society. The study attempts to understand and
describe teenage girls’ need for support as well as ways in which their needs can be
addressed. A qualitative interpretivist research design was used to gain insight into and
understanding of the participants’ perspectives. The data were collected by means of
interviews, reflective diaries and observations.
The research findings indicate that single parenting and absent fathers worsen the teenage
girls’ home circumstances, that there is a lack of communication at home and that they
express a need for love and emotional security. Furthermore, teenage girls use drugs to
escape from the problems they face at home. The results suggest a need for adequate and
appropriate support in the home environment as well as in society.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/2907
Date12 1900
CreatorsRhode, Jolene
ContributorsDaniels, Doria, University of Stellenbosch. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0018 seconds