Return to search

Opvoedkundig-sielkundige riglyne vir die terapeutiese hantering van die verlies- en treurproses

Text in Afrikaans / Die doel van hierdie studie was om die aard en negatiewe gevolge van die verlies- en
treurproses te ondersoek, en riglyne daar te stel vir die terapeutiese hantering van die
verlies- en treurproses.
Aan die hand van ‘n literatuurstudie is die aard, gevolge en terapie-benaderings met
betrekking tot die verlies- en treurproses bestudeer. Die Opvoedkundig-sielkundige
Relasieteorie is verken, en is as raamwerk in ’n empiriese studie gebruik. Die hantering
van die verlies- en treurproses is kwalitatief ondersoek. Deur terapeutiese intervensie in
drie deelnemers se verlies- en treurproses, is insig verkry met die oog op die samestelling
van ’n terapieprogram, sowel as vir riglyne vir die terapeut en die kliënt.
Ek het wegbeweeg van navorsing wat primêr beskrywend van aard is en op diagnostiese
oorwegings fokus, na raamwerke waar intervensie-strategieë en spesifieke tegnieke
gebruik kan word wanneer die terapeut en die kliënt betrokke is in deurlopende
psigoterapie.
Die navorsingsresultate toon dat dit belangrik is om nie slegs op die verlies te fokus nie,
maar ook op onopgeloste kwessies wat vantevore in die kliënt se lewe plaasgevind het.
Insig en kennis van hulleself, hul verhoudings, verdedigingsmeganismes, emosies, denke en gedrag, en die invloed wat dit op hulle verlies- en treurproses het, was nodig sodat die
kliënte hul ongewenste aangeleerde gedrag kon wysig, om sodoende hulleself beter te
verstaan in die hantering van hulle verlies en die treurproses. / The purpose of this study was to investigate the nature and negative consequenses of, and
to set guidelines for the therapeutic handling of the loss and grief process.
A literature study was undertaken to determine the nature, consequences, and
therapeutic techniques, with regard to the loss and grief process, based on Psychological
Relations theory.
By means of therapeutic intervention in the three participants’ loss and grief processes, I
gained insight to compose a therapeutic programme, as well as therapeutic guidelines and
intervention strategies and specific techniques that can be used when the therapist and the
client are involved in continuous psychotherapy.
The results of the study indicated that it is important to focus on unresolved issues that
happened earlier in the client’s life. Insight in the person as a whole, is required to be able
to understand themselves better in the handling of their loss and the grieving process. / Educational Studies / M. Ed. (Voorligting)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/4914
Date06 October 2011
CreatorsVan Niekerk, Anna Maria Susanna
ContributorsRoets, H. E. (Hester Elizabeth)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xiv, 193 leaves) : col. ill.

Page generated in 0.0022 seconds