• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 4
  • Tagged with
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Opvoedkundig-sielkundige riglyne vir die terapeutiese hantering van die verlies- en treurproses

Van Niekerk, Anna Maria Susanna 06 October 2011 (has links)
Text in Afrikaans / Die doel van hierdie studie was om die aard en negatiewe gevolge van die verlies- en treurproses te ondersoek, en riglyne daar te stel vir die terapeutiese hantering van die verlies- en treurproses. Aan die hand van ‘n literatuurstudie is die aard, gevolge en terapie-benaderings met betrekking tot die verlies- en treurproses bestudeer. Die Opvoedkundig-sielkundige Relasieteorie is verken, en is as raamwerk in ’n empiriese studie gebruik. Die hantering van die verlies- en treurproses is kwalitatief ondersoek. Deur terapeutiese intervensie in drie deelnemers se verlies- en treurproses, is insig verkry met die oog op die samestelling van ’n terapieprogram, sowel as vir riglyne vir die terapeut en die kliënt. Ek het wegbeweeg van navorsing wat primêr beskrywend van aard is en op diagnostiese oorwegings fokus, na raamwerke waar intervensie-strategieë en spesifieke tegnieke gebruik kan word wanneer die terapeut en die kliënt betrokke is in deurlopende psigoterapie. Die navorsingsresultate toon dat dit belangrik is om nie slegs op die verlies te fokus nie, maar ook op onopgeloste kwessies wat vantevore in die kliënt se lewe plaasgevind het. Insig en kennis van hulleself, hul verhoudings, verdedigingsmeganismes, emosies, denke en gedrag, en die invloed wat dit op hulle verlies- en treurproses het, was nodig sodat die kliënte hul ongewenste aangeleerde gedrag kon wysig, om sodoende hulleself beter te verstaan in die hantering van hulle verlies en die treurproses. / The purpose of this study was to investigate the nature and negative consequenses of, and to set guidelines for the therapeutic handling of the loss and grief process. A literature study was undertaken to determine the nature, consequences, and therapeutic techniques, with regard to the loss and grief process, based on Psychological Relations theory. By means of therapeutic intervention in the three participants’ loss and grief processes, I gained insight to compose a therapeutic programme, as well as therapeutic guidelines and intervention strategies and specific techniques that can be used when the therapist and the client are involved in continuous psychotherapy. The results of the study indicated that it is important to focus on unresolved issues that happened earlier in the client’s life. Insight in the person as a whole, is required to be able to understand themselves better in the handling of their loss and the grieving process. / Educational Studies / M. Ed. (Voorligting)
2

Die Terapeutiese begeleiding van die kind na die dood van 'n ouer

Grobler, Hermien 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Summaries in English and Afrikaans / Die dood van 'n ouer he! 'n effek op die totale lewe van die kind en dompel die kind in emosionele nood wat terapeutiese begeleiding noodsaak. Na afloop van die afsterwe van 'n ouer, vind daar fisieke, emosionele, sosiale en kognitiewe veranderinge in die kind se lewe plaas waarop hy nie voorbereid is nie, en wat hy ook nie verstaan nie. Hierdie veranderinge veroorsaak dat die kind se leefwereld in so mate verander dat sy funksionering benadeel word. Daar is met hierdie studie gepoog om vas te stel watter effek die dood van 'n ouer op die kind he! en tot watter mate terapeutiese begeleiding die kind se emosionele nood kan verlig. Daar is in die studie gevind dat rou inderdaad 'n gekompliseerde proses is wat lei tot die ontstaan van talle onbeantwoorde vrae, gevoelens van magteloosheid en emosionele pyn. Kinders wat in rousmart verkeer word dikwels deur die samelewing misgekyk en kry as gevolg hiervan nie voldoende hulp nie. Di! lei tot die ontstaan van persoonlikheidsontwikkelingsprobleme, relasionele probleme en intra-psigiese probleme soos 'n swak selfbeeld, ego-verdedigingsmeganismes, persoonlike kwesbaarheid, ongunstige betekenisgewing en ongunstige belewenisse. Hierdie probleme veroorsaak dat die kind in sy selfaktualisering gerem word en as gevolg hiervan nie sy gegewe moontlikhede verwerklik nie. Die studie het verder bewys dat die kind wat 'n ouer aan die dood afgestaan het, wel deur middel van terapeutiese begeleiding deur 'n sielkundige gehelp kan word om die verlies van 'n ouer in so 'n mate te hanteer dat die faktore wat die kind se selfaktualisering rem, opgehef kan word. Die studie voorsien die sielkundige van riglyne ten opsigte van die proses van terapeutiese begeleiding aan die kind wat 'n ouer aan die dood afgestaan het. Riglyne word gebied ten opsigte van die hantering van die kind se onmiddellike situasie, die evaluasie van die kind-inrousmart, die vasstelling van doelstellings en doelwitte vir terapeutiese begeleiding, die selektering van terapeutiese tegnieke, die terapeutiese hulpverlening aan die kind, die hulpverlening aan die oorblywende ouer en die hulpverlening aan die onderwyser wat gemoeid is met die kind-in-rousmart. Riglyne word ook gebied ten opsigte van die terminering van terapie. / The death if a parent has an influence on the total life of a child and causes emotional trauma that necessitates therapeutic guidance. After the death of a parent, physical, emotional, social and cognitive changes occur in the child's life for which he is not prepared and that he also does not understand. These factors cause such a change in the child's life-world that his functioning is hampered. In this study it was endeavoured to determine what effect the death of a parent has on a child's life and to what extent therapeutic guidance can alleviate the child's emotional trauma. In this study it was found that mourning is indeed a complicated process that gives rise to countless unanswered questions, feelings of helplessness and emotional pain. Children suffering grief in mourning are often ignored by society and as result of this, they do not receive adequate assistance. This leads to problems concerned with the development of the personality, relational problems and intrapsychological problems such as a poor self-concept, ego defence mechanisms, personal vulnerability, negative ways of acquiring meaning and unfavourable ways of experiencing life. These problems give rise to the hampering of the child's selfactualisation and because of this he cannot realise his potential. The study has furthermore proved that the child who has lost a parent through death, can be helped by a psychologist. This can be done by means of therapeutic guidance so that the child can handle the loss of a parent to such an extent that the factors that hamper his self-actualisation can be removed. The study provides guidelines for therapeutic guidance to the child who has Jost a parent through death. Guidelines are given on handling the child's immediate situation, the evaluation of the child in mourning, the determination of aims and objectives for therapeutic guidance, the selection of therapeutic techniques, therapeutic assistance to the child, assistance to the remaining parent and assistance to the educator who is involved with the child in mourning. Guidelines are also given for the termination of therapy. / Educational Studies / D.Ed (Clinical Psychologist)
3

4

Page generated in 0.0789 seconds