Return to search

Toegang tot getuieverklarings in strafsake

Summaries in English and Afrikaans / Text in Afrikaans / In the past, witness statements obtained by or on behalf of a party to a criminal
case were protected, from disclosure to the opponent, by privilege. The purpose
of this dissertation is to investigate whether such claims to privilege are justified
and whether openness before and during the trial is not perhaps more important
to the interests of justice. The disclosure of witness statements to the defence is
a commonly recognized practice all over the world. This practice enhances
openness before and during the criminal trial. The arguments against and in
favor of such a practice are many, but investigation into these has shown that it
is in the interests of justice to disclose such statements to the defence, rather
than to deny access. Furthermore, the writer investigates whether it would be in
the interests of justice to compel the defence to assist the court in determining
the truth. / In die verlede is getuieverklarings wat deur of ten behoewe van 'n party tot 'n
strafsaak bekom is deur privilegie beskerm, teen openbaarmaking aan die
teenstander. Verskeie argumente is aangevoer om die beroep op getuieverklaring
privilegie te regverdig. Die doel van hierdie verhandeling is om ondersoek in te
stel of sulke aansprake geregverdig is en of openheid voor en gedurende die
verhoor nie meer belangrik vir die belang van geregtigheid is nie. Die
openbaarmaking van getuieverklarings aan die verdediging is 'n algemeen
erkende praktyk regoor die wereld. Hierdie praktyk bevorder openheid voor en
tydens die strafverhoor. Die argumente vir en teen so 'n praktyk is baie en 'n
ondersoek daarvan dui daarop dat dit in die belang van geregtigheid is om sulke
verklarings aan die verdediging te openbaar, eerder as om toegang daartoe te
weier. Die vraag is nou of dit nie ook in die belang van geregtigheid is dat die
verdediging verplig word om die hof by te staan om die waarheid vas te stel nie.
Ten slotte het die skrywer aan die hand gedoen dat partye tot 'n straf saak
getuieverklarings gelyktydig voor die verhoor uitruil en ondersoek ingestel of so 'n
praktyk in ooreenstemming met die Grondwet van Suid-Afrika 108 van 1996 kan
wees. / Law / LL.M.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16131
Date11 1900
CreatorsStruwig, Petrus Johannes Dirkse
ContributorsVan der Merwe, D.P.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
Format1 online resource (vi, 65 leaves)

Page generated in 0.0018 seconds