Die motivering vir die studie was die leemte aan en behoefte vir navorsing oor
dubbelloopbaanhuwelike en tussenrolkonflik in Suid-Afrika. Die doelstelling was
om vas te stel of daar 'n verband tussen tussenrolkonflik en werkstevredenheid
by egpare in dubbelloopbaanhuwelike bestaan, en of eggenotes in sodanige
huwelike tussenrolkonflik en werkstevredenheid verskillend ervaar.
'n Teoretiese ondersoek oor tussenrolkonflik en werkstevredenheid is gedoen.
Die empiriese ondersoek het bestaan uit die meting van hierdie veranderlikes
met behulp van Tussenrolkonflik- en Behoeftebevredigingsvraelyste. Die
resultate toon aan dat daar geen statisties beduidende verbande tussen die
veranderlikes bestaan nie. Daar bestaan ook geen statisties beduidende
verskille tussen mans en vroue in dubbelloopbaanhuwelike ten opsigte van hul
ervaring van tussenrolkonflik en werkstevredenheid nie.
Die studie dra by tot 'n beter begrip van tussenrolkonflik in
dubbelloopbaanhuwelike, en toon aan dat die Tussenrolkonflikvraelys
betroubare resultate in die Suid-Afrikaanse konteks kan lewer. Die resultate toon
egter dat wyer, meer gesofistikeerde navorsing belangrik is. / In order to fill the gap in existing research on the topic, this study was
undertaken to establish whether a relationship exists between interrole conflict
and job satisfaction in married couples with full time careers, and whether these
couples experience interrole conflict and job satisfaction differently.
A theoretical study regarding interrole conflict and job satisfaction was
undertaken. In the empirical study these variables were measured using Need
Satisfaction and lnterrole Conflict Questionnaires. No statistically significant
relationships were found between interrole conflict and job satisfaction; and no
statistically significant differences exist between men and women with regard to
their experience of job satisfaction and interrole conflict.
The research contributes towards a better understanding of interrole conflict in
dual career marriages, and indicates that the lnterrole Conflict Questionnaire can
deliver reliable results in the South African context. However, the results show
the importance of wider, more sophisticated research. / Industrial and Organisational Psychology / MCOM (Bedrysielkunde)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/15659 |
Date | 06 1900 |
Creators | Noble, Esmé |
Contributors | Bergh, Ziel C. |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (viii, 91 leaves) |
Page generated in 0.0024 seconds