Return to search

Toepassing van gesinsterapie in gesinne met aangenome kinders / The application of family therapy in families with adopted children

Text in Afrikaans / Gesinne met aangenome kinders bevind hulself in 'n eiesoortige gesinsituasie. Die
situasie stel verskeie eise aan die ouers asook aan die kinders in die gesin. Bo en behalwe
die universele gesinsuitdagings, moet bulle ook die uitdagings uniek aan die
aannemingsituasie bemeester. Gesinne met aangenome kinders bevind hulself soms in
moeilike situasies en benodig dan ondersteuning.
Daarom is daar in hierdie studie besluit om ondersoek in te stel na die effek van
gesinsterapie in gesinne met aangenome kinders. Die doel was om vas te stel in watter
mate gesinne met aangenome kinders gehelp kan word om probleme te oorkom met
gesinsterapie as terapeutiese intervensie. Die navorsing is gedoen aan die hand van 'n
kwalitatiewe ontwerp waar data hoofsaaklik ingesamel is deur vraelyste, observasie en
onderhoudvoering.
Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat gesinsterapie effektief gebruik kan word om
hulp te verleen aan die gesin met aangenome kinders. Daar word as 'n span aan die
probleme gewerk aangesien gesamentlike doelwitstelling-plaasvind en dit dien ook as 'n
belangrike saambindende faktor van die gesinslede. AI die gesinslede se probleme kon
gelyktydig aangespreek word in plaas van op 'n individuele basis. / Families with adopted children find themselves in a situation with unique demands made
on them as a family as well as on an individual level as a parent or a child. They have to
master the universal family challenges as well as the challenges of the family with
adopted children. These families often find themselves in complex situations, which are difficult to handle
and thus need the necessary support. The reason for this study was therefore to
investigate the effect of family therapy in families with adopted children. The aim was to
find out how effective a family with adopted children could be helped to solve the
problems experienced with family therapy as therapeutic intervention.
A qualitative analysis was conducted and data was gathered primarily through
questionnaires, observation and interviewing. The results of the research led to the
conclusion that family therapy was indeed an effective therapeutic intervention as far as
families with adopted children were concerned. It provided the family to work together as
a team and created unity. All the family members' problems could also be addressed at
once instead of individually. / Psychology of Education / M. Ed. (Voorligting)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17238
Date02 1900
CreatorsLourens, Johanna Alida Elizabeth
ContributorsLessing, A. C. (Anna Christina), 1947-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (vi, 167 leaves)

Page generated in 0.0016 seconds