Return to search

Relevansie van kultuurgebonde onderwys vir die verwesenliking van behoorlike volwassewording : 'n studie in tydsperspektief

Summaries in English and Afrikaans / In die verlede het matrikulante van Tswanaskole in die Noord-Kaap oor die algemeen nie goeie
uitslae verkry nte. Politieke onstabiliteit wat tot klasboikotte aanleiding gegee het, was as een van die
hoofredes aangevoer.
Die hoofoorsaak van hierdie navorsing is om die rol van kultuur wat tot swak prestasie lei, te bepaal.
Met behulp van literatuurstudie is bepaal dat daar 'n noue verband tussen onderwys/opvoeding,
volwassenheid en kultuur bestaan. Geen mens kan volwassenheid bereik sonder opvoeding nie en
verskillende kulture het verskillende kriteria vir volwassenheid.
Die skole in Suid-Mrika is oop vir alle rassegroepe en die gevolg is dat 'n verskeidenheid van
kultuurgroepe in een klaskamer onderrig ontvang. Om kontlik en misverstande in die klaskamersituasie
te voorkom, kan van multikulturele onderwys gebruik gemaak word.
Met die empiriese ondersoek is deur middel van vraelyste en onderhoude probeer vasstel watter
kultuuraspekte 'n rol speel in die swak akademiese prestasies onder Tswana-matrikulante.
Die medium van onderrig is 'n probleem in 'n multikulturele land waar dit soms, tot nadeel van die
kind, onprakties is om moedertaalonderrig toe te pas. Wat Engels as medium van onderrig betref, is
dit problematies vir baie Tswanas in die Noord-Kaap wat voorskools min met Engels in kontak kom.
Wat die kultuur-historiese aspekte betref, is die Tswanas trots op hulself en wil graag kontak maak
met ander kultuurgroepe en meer van hulle leer. Sosiaal-ekonomies woon baie Tswanas as uitgebreide
gesinne in klein huise.
Onderwysers sal professioneel moet optree in die uitvoering van hulle pligte. Leerlinge sal
verantwoordelikheid moet erken vir hulle dade en saam sal beide onderwysers en leerlinge moet bou
aan die skep van 'n leerkultuur by die skool. / Matriculants from Tswana schools in the Northern Cape generally have been achieving poor results.
Political instability leading to class boycots has been regarded as one of the main reasons.
The main reason for this research is to determine the role played by culture in the achievement of
poor results. A literature survey has indicated that there is a close interrelationship between education/
upbringing, adulthood and culture. A human being cannot reach adulthood without education
and different cultures have different criteria for maturity.
Schools in South Africa are open to all race groups which results in a variety of cultural groups
receiving education in the same classroom. To avoid misunderstandings and conflicts in the classroom,
multicultural education may be used.
With the empirical investigation by means of questionnaires and interviews an attempt is made to
determine which cultural aspects play a role in the poor academic results achieved by Tswana matriculants.
The medium of instruction is a problem in a multi-cultural country where it is sometimes impractical
to apply mother tongue education. As far as English as medium of instruction is concerned, it is
problematic for many Tswanas in the Northern Cape as they are seldom exposed to it during their
pre-school years.
As far as the cultural-historical aspects are concerned, the Tswana is a proud people who gladly make
contact with and want to learn from other cultures. Socio-economically many Tswanas live as e..'Ctended
families in small dwellings.
Educators will have to act professionaly in the execution of their duties. Pupils will have to accept
responsibility for their actions and build, with the teachers, a cultUre of learning at every school. / Educational Studies / D. Ed. (Historiese Opvoedkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17213
Date11 1900
CreatorsLiebenberg, Barend Frederik
ContributorsPretorius, F. J. (Francois Johannes), 1947-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format1 online resource (197 leaves) : illustrations

Page generated in 0.0025 seconds