Return to search

Semantiese verdeling as vertaalstrategie

Magister Artium - MA / In die vertaalproses vind dikwels transformasies plaas wat soos volg omskryf word: die brontaalteks (BT), d.w.s. die teks waaruit vertaal word, word as't ware afgebreek tot semantiese elemente wat kleiner is as 'n bepaalde woord; dié elemente. word deur die vertaler weer op so 'n wyse saamgevoeg tot 'n doeltaalteks (OT), d.i. die teks waarin vertaal word, wat op die woordvlak nie meer met die BT-teks korrespondeer nie, maar wat in sy geheel tog min of meer dieselfde betekenis het (Langeveld: 96). Indien 'n vertaler nie van hierdie soort transformasies
gebruik wil maak nie, loop hy gevaar om 'n vertaling te lewer waarin 'n mens nog grotendeels die oorspronklike teks lees. Die ander gevaar is voor die hand liggend: hy kan met dié soort semantiese verdeling 'n teks lewer wat afwyk van die boodskap van die BT-teks. Die doel van so 'n ondersoek sal dan wees om die voortreflikhede en die nadele van semantiese verdeling vas te stel.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/7478
Date January 1993
CreatorsRoss, Suzanne Lucille Anne
ContributorsLinks, T H
PublisherUniversity of Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of Western Cape

Page generated in 0.0019 seconds