Return to search

Aspekte van die onafhanklikheid van die strafhowe : 'n regsvergelykende ondersoek

Text in Afrikaans / Summaries in Afrikaans and English / Die beginsel van die onafhanklikheid van die regbank word verskans in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996. 'n Onafhanklike regbank is noodsaaklik ten einde te voldoen aan die primere funksie van die regbank, naamlik die bewerkstelliging van geregtigheid. Openbare vertroue in die onafhanklikheid van die
regbank verhoog die legitimiteit van hierdie instelling, wat noodsaaklik is vir nakoming en eerbiediging van die howe se beslissings deur die gemeenskap. In die verlede het kritici beweer dat die regbank 'n legitimiteitskrisis beleef op grond daarvan dat polilieke oorwegings 'n rol gespeel het by die aanstelling van regsprekende amptenare, dat die regbank nie verteenwoordigend genoeg is van die bevolking wat betref ras en geslag nie en dat die howe in die verlede in sommige gevalle te owerheidsgesind was en soms diskriminerende wetgewing sonder veel skroom of teenspraak aanvaar en toegepas het. Kritici het daarop gewys dat die opbloei in die volkshowe as alternatief tot die formele howe, as voorbeeld dien van die algehele miskenning van en wantroue in die reg bank. 'n Kritiese evaluering van hierdie aangeleenthede is gedoen aan die hand van 'n regsvergelykende ondersoek. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die Regterlike Dienskommissie en die Landdrostekommissie 'n belangrike hervorming teweeg gebring het op die gebied van aanstelling van regterlike amptenare. Verder is bevind dat die juriestelsel nie 'n realistiese oplossing bied om die regbank meer verteenwoordigend van die gemeenskap te maak nie, maar dat die assessorestelsel blyk 'n meer praktiese en geskikte alternatief te wees. Dit het verder geblyk dat daar van regterlike beamptes verwag word om, in die lig van die Grondwet van 1996 en 'n stelsel van grondwetlike oppermagtigheid, 'n aktivistiese waarde-ge6rienteerde of waarde-aktiverende
benadering by wets- en grondwetuitleg te volg. Daar is verder bevind dat die informele howe behoue moet bly, maar aangepas behoort te word by veranderende omstandighede, in die lig van die Grondwet en die handves van fundamentele regte. Ten slotte is voorstelle gemaak as moontlike oplossing vir bepaalde probleme wat
geidentifiseer is. / The principle of the independence of the judiciary is entrenched in the Constitution of the Republic of South Africa of 1996. An independent judiciary is essential in order to fulfill the primary function of a judiciary, namely the realisation of justice. Public confidence in the independence of the judiciary increases the legitimacy of this
institution, which is essential for respect for and compliance with the decisions of the court by the community. In the past critics maintained that the judiciary is experiencing a legitimacy crisis, due to the fact that political considerations have played a role in the appointment of judicial officials, that the judiciary is not representative of the community in respect of race and sex and that the courts have been too executive-minded in the
past and have at times accepted and applied discriminatory legislation without much hesitation or contradiction. Critics alleged that the proliferation of people's courts as an alternative to the formal courts, was an indication of the general denial of and loss of confidence in the judiciary. A critical evaluation of these aspects was undertaken by way of a comparative study. It lead to the conclusion that the Judicial Service Commission and the Magistrates Commission brought about an important reform regarding the appointment of judicial officials. It was found that the jury system does not constitute a realistic solution to make the judiciary more representative of the community, but that the assessor system seems to be a more practical alternative. It became apparant that in view of the Constitution of 1996 and our system of constitutional supremacy, it is expected of judicial officals to follow an activistic value-orientated or value-activated approach during legislative and constitutional interpretation. It is furthermore concluded that the informal courts should be retained, but that they should be adapted to the changing circumstances in view of the Constitution and the bill of rights. Finally, suggestions are made in order to address certain problems which have been identified. / Criminal and Procedural Law / LL.D.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/15607
Date06 1900
CreatorsNel, Susanna Sophia
ContributorsJoubert, J. J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format1 online resource (xvii, 920 pages)

Page generated in 0.003 seconds