Return to search

Bepaling van die aard van kommunikasie van die Lugmagbasis Swartkop

Text in Afrikaans / In hierdie verhandeling word die aard van kommunikasie van die Lugmagbasis
(LMB) Swartkop onder die loep geneem. Die outeur toon aan dat daar nie altyd
duidelikheid is oor die aard van kommunikasie in militere instellings nie. Dit het
die prikkeling gebied om die aard van kommunikasie in 'n militere installing te
bepaal - in hierdie geval, LMB Swartkop. Die rede vir die studie is om
kommunikasie as 'n interne organisatoriese reeling by die LMB Swartkop te
ondersoek.
Om die agtergrond tot die navorsing te bied, word die ekonomiese- en politieke
redes vir verandering by die LMB Swartkop kortliks weergee. Die redes hoekom
hierdie Lugmagbasis as fokusgebied gebruik word vir die navorsing, word ook
aangevoer.
Daar word met die navorsing gefokus op vertikale kommunikasie, horisontale
kommunikasie, diagonale kommunikasie, asook enkele interne organisatorieseen
omgewingsfaktore. Enkele aspekte ten opsigte van eksterne faktore, soos
byvoorbeeld die 1994-verkiesing en die nuwe Grondwet, wat kon lei tot
verbetering van kommunikasie te Lugmagbasis Swartkop en die houding van die
personeel jeens kommunikasie word ook aangeraak.
Die bevindinge van die navorsing wentel rondom die feit dat vertikale, horisontale
en diagonale kommunikasie 'n definitiewe bydrae maak om werk op die
Lugmagbasis Swartkop effektief te verrig. Hierdie kommunikasie vind hoofsaaklik
plaas wanneer daar formeel en informeel oor werk gekommunikeer word. / In this dissertation, the nature of communication of the Air Force Base Swartkop
is being put under the magnifying glass. The author indicates that the nature of
communication in military organisations is not clear This provided the incentive
to study the nature of communication of a military organisation and in this case,
Air Force Base Swartkop. The reason for the study is to determine how the
nature of communication as an internal organisational arrangement contributes
to the effective functioning of the base.
This study focuses on vertical, horizontal and diagonal communication as well as
internal organisational, external and environmental factors. Aspects such as the
personnel's attitude towards communication is discussed as well.
The findings of the study centre on the fact that vertical, horizontal and diagonal
communication make a definite contribution to the effective functioning of the
base. This communication mainly occurs when personnel communicate formally
and informally on work. / Public Administration and Management / M.Admin. (Public Administration)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/15732
Date11 1900
CreatorsPalmer, Joseph Hope
ContributorsWessels, J. S., Nealer, E. J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (1 v. (various pagings))

Page generated in 0.0192 seconds