Afrikaans text / Met hierdie studie is beoog om leerders se persepsies van skool vas te stel en
om riglyne vir ouers daar te stel om leerders met negatiewe persepsies van
skool te hanteer. Daar is beoog om hierdie riglyne deur middel van praktiese
modelle en werksvelle te implementeer sodat ouers begrip vir kinders se
persepsies kan verkry en dat konflik opgelos kan word deur middel van positiewe
kommunikasie.
In die literatuurstudie word ondersoek ingestel na persepsievorming en die
oorsake vir die vorming van negatiewe persepsies van skool. ‘n Persepsie word
gevorm deurdat betekenis aan ‘n ervaring, op grond van die persoon se
verwysingsraamwerk gegee word. Interne- sowel as eksterne faktore speel ‘n rol
wanneer persepsies gevorm word. Eksterne faktore behels die verhouding met
rolspelers soos: die ouers, die skool en onderwysers, die portuurgroep en die
leerder se verhouding met homself. Interne faktore wat in hierdie studie
ondersoek is, behels: lokus van kontrole, motivering, emosionele probleme,
kognitiewe probleme en gedragsprobleme.Die navorsingsprobleem is verken met behulp van ‘n loodsondersoek as ‘n
voortoets en diagnostiese vraelys wat deur die navorsingsgroep van 50 leerders
voltooi is. Onderhoude is met vyf leerders gevoer oor hulle ervaringe en
behoeftes met betrekking tot hulle persepsies van skool.
Bevindinge dui aan dat ongeveer ‘n vyfde van die skool se leerders oor ‘n
negatiewe persepsie van skool beskik. In die vraelys is leerders se persepsies
ten opsigte van verskeie rolspelers vasgestel. Daar bestaan behoefte by
leerders dat ouers betrokke en ondersteunend sal wees en dat ouers begrip vir
hulle persepsies sal toon.
Deur middel van praktiese diagramme en werksvelle is begrip en positiewe
kommunikasie tussen ouer en kind bewerkstellig. In Hoofstuk 6 word praktiese
riglyne aan ouers gegee oor hoe om sy kind, met ‘n negatiewe persepsie van
skool, te hanteer. Op hierdie wyse is gepoog dat leerders positiewe ervaringe
sal geniet; ‘n positiewe verwysingsraamwerk sal vorm en sodoende positiewe
persepsies van skool sal vorm. ‘n Bydrae is ten opsigte van ouerleiding gelewer.
Ouers word toegerus om ‘n kind met negatiewe persepsies van skool met begrip
te hanteer. / The aim of this study was to determine learners’ perceptions of school and to
provide guidelines for parents to deal with negative perceptions of school. These
guidelines were implemented using practical models as well as work sheets.
These were specifically aimed at enhancing parents’ understanding of the
negative perceptions and resolving conflict through positive communication.
In the literary study, the constitution of perceptions as well as the causes of the
constitution of negative perceptions was investigated. A perception is established
when a person gives meaning to an experience based on that person’s frame of
reference. Internal and external factors play a part when perceptions are
constituted. External factors in this study entail the relationship with parents,
school and teachers, peer group and the learner's relationship with himself.
Internal factors referred to in this study are locus of control, motivation, emotional
problems, cognitive problems and behavioural problems.
vii
The research problem was explored using a pilot investigation as pre-test. A
diagnostic questionnaire was also completed by 50 learners. Five learners were
interviewed about their experiences and needs specifically in relation to their
perceptions of school.
Findings show that approximately one fifth of the learners of the school have
negative perceptions of school. In the questionnaire, the learners’ perceptions
with respect to a variety of role players were determined. There is a definite need
for parents to be involved and supportive. Learners also need them to show
understanding for their perceptions.
Positive communication and understanding between parents and learners were
established through practical diagrams and work sheets. In Chapter 6 practical
guidelines are given to equip parents to understand how to handle the child with
negative perceptions. The aim of this was to encourage learners to enjoy
positive experiences, to form a positive frame of reference and therefore develop
positive perceptions of school. A contribution towards parental guidance was
made. Parents are left equipped to deal with a child with negative perceptions of
school. / Educational Studies / D. Ed. (Sielkundige Opvoedkunde)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/4785 |
Date | 11 1900 |
Creators | Josling, Santa |
Contributors | Roets, H. E. (Hester Elizabeth) |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | other |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 1 online resource (xvi, 179, [10] leaves : ill.) |
Page generated in 0.0028 seconds